Fishcor wil bande met Seaflower sny

Ooreenkomste dui op ‘korrupte verhouding’

11 September 2020 | Misdaad
Ronelle Rademeyer -Die staatsbeheerde National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) wat na bewering die instrument was waarmee die vorige visseryeminister, mnr. Bernhard Esau (63), en sy medebeskuldigdes in die Fishrot-saak hulself uit viskwotas verryk het, sê hy gaan sy bande met Seaflower Pelagic Processing (SPP) verbreek.

Dié vismaatskappy is in 2017 gestig nadat Fishcor met African Selection Trust SA Group (AST) ’n ooreenkoms gesluit het om as bedryfsvennoot ’n verwerkingsaanleg op te rig en vissersbote te kontrakteur in ruil vir kwotas om marsbanker te vang. Fishcor besit 40% van die aandele in Seaflower en AST 60%.

Seaflower het drie weke gelede onsuksesvol probeer om ’n dringende hofinterdik teen die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, Fishcor en die ministers van finansies en staatsondernemings, mnre. Iipumbu Shimi en Leon Jooste, te kry om die regering se viskwotaveiling te verhoed.

Mnr. Mihe Gaomab II, voorsitter van die tussentydse direksie van Fishcor, het vroeër die week in ’n verklaring verwys na “die kommerwekkende prentjie” wat adjunk-regterpresident Hosea Angula in sy hofuitspraak oor die sogenaamde samewerkings- en kwota-ooreenkomste met Seaflower geskets het.

Angula het gesê die aansoek was ’n “desperate poging deur Seaflower om sy gesellige, maar parasitiese verhouding met Fishcor te red”.

Angula het daarop gewys die feit dat Fishcor nie die aansoek gesteun het nie, “spreek boekdele en verbeter nie die toekomstige verhouding tussen die partye nie”.

Gaomab II sê dit is duidelik uit die hof se bevinding die ooreenkomste spreek van ‘n “simbiotiese, maar korrupte verhouding” en dat Fishcor nie met hierdie “bloedskandelike reëling” wil voortgaan nie.

“Ons by Fishcor distansieer ons van hierdie sogenaamde ooreenkomste en deel die publiek mee dat ons tans regs- en ander opsies vir die beëindiging van die ooreenkomste oorweeg,” sê hy.

Hy sê dit is duidelik dat hierdie ooreenkomste in stryd was met openbare belange, want dit het voorkeur gegee aan die diskresionêre mag van die minister van visserye en mariene hulpbronne om kwotas ingevolge die bepalings van die wet op mariene hulpbronne toe te ken.

Esau en die ander vyf beskuldiges in die Fishrot-saak waarin Fishcor sentraal staan, word ook van korrupsie, bedrog en geldwassery aangekla. Hulle is die vorige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala (43), die vorige besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia, mnr. James Hatuikulipi (45), ‘n voormalige senior bestuurder van Investec in Namibië, mnr. Ricardo Gustavo, Esau se skoonsuen, mnr. Tamson Hatuikulipi (39) en mnr. Pius Mwatelulo (32).

Die klagte teen hulle spruit uit bewerings dat twee Yslandse vismaatskappye tussen Augustus 2014 en Desember 2019 sowat N$75,6 miljoen wat vir Fishcor bestem was, aan (James) Hatuikulipi, Shanghala, Esau en aan die voormalige hoof uitvoerende beampte van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya – of aan entiteite van hul keuse – oorbetaal het.

Hatuikulipi was in daardie stadium die voorsitter van Fishcor se direksie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

50 minute gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

50 minute gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

50 minute gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

50 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

50 minute gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

50 minute gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

50 minute gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

50 minute gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

50 minute gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...