Fishcor se Ngalangi sê hy is 'wetsgehoorsame burger'

19 June 2020 | Misdaad
Ronelle Rademeyer



Fishcor se finansiële hoof, mnr. Paulus Ngalangi, sê in 'n verklaring hy het bloot 'n goeie daad verrig en “iemand wat op Noordoewer aan die Namibiese kant van die grens sonder vervoer gesit het”, uit sy verknorsing gehelp.

Hy het vanuit sy kwarantyntuiste gereageer op mediaberigte oor sy hulpverlening aan die vermeende voortvlugtige man wat Vrydag glo met 'n kano vanaf Suid-Afrika oor die Oranjerivier gesmokkel is, en later positief vir Covid-19 getoets het.

“Ek het 'n sersant in die Namibiese polisie (se toeristebeskermingseenheid) gevra om my te vergesel.”

Volgens hom het hulle die man by 'n vulstasie aan die Namibiese kant van die grens opgelaai en Windhoek toe gery.

Komm. Jacob Indongo, bevelvoerder van die polisie in die //Kharasstreek, het aan Republikein gesê die polisie is deur intelligensiebronne ingelig “dat só 'n voorval plaasgevind het”.

Hy sê toe dit onder hulle aandag kom, was die mans reeds deur die //Kharasstreek en onderweg na Windhoek. “Daarom het ons ons kollegas in die Khomasstreek laat weet.”

Volgens Ngalangi het hy die sersant gevra om hom te vergesel omdat hy hom nie “aan die verkeerde kant van die gereg wou bevind nie”.

Ngalangi is sedertdien onthef van sy pligte as waarnemende hoof uitvoerende beampte van Fishcor. Sy tydelike aanstelling in hierdie pos het gevolg op die inhegtenisneming van mnr. Mike Nghipunya, gewese grootbaas van Fishcor, op klagte wat met die Fishrot-korrupsieskandaal verband hou.

Ngalangi sê hy is bereid om sy volle samewerking aan die gesondheidsowerheid en wetstoepassers te gee. “So, ek is bereid om ten volle deur die proses te gaan.”

Verder ontken Ngalangi “enige verbintenis met die Fishrot-saak, of enige verbintenis met kriminele aktiwiteite in Suid-Afrika of Namibië”.

“Ek is 'n wetsgehoorsame burger. As enige verbintenisse met geld of enige kriminele aktiwiteite betrokke was, ontken ek enige aandadigheid.”

Die man wat hulle na Windhoek vervoer het, is eers Sondag deur die polisie opgespoor. Dit was nadat hy eers in Rocky Crest en later in 'n woonstelgebou oorkant die munisipaliteit tuisgegaan was. Hy is in afgesonderde aanhouding by die polisiekantoor by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe geplaas en vir oortredinge van die immigrasiewet en die verbreking van die Covid-19-regulasies aangekla.

Die Covid-19-taakspan het hom vir die coronavirus getoets, en die uitslag was positief.

Dié Oshiwambosprekende man is in besit van 'n Suid-Afrikaanse paspoort. Die Namibiese polisie is tans in gesprek met die Suid-Afrikaanse owerhede oor die moontlikheid dat hy by kriminale aktiwiteite in die buurland betrokke was.

Beide Ngalangi en die sersant is in kwarantyn geplaas omdat hulle moontlik by die man kon aangesteek het. So ook die meer as tien polisiemaglede wat by die ondersoek betrokke was. - [email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

7 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

7 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

10 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

10 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

11 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

21 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

21 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...