Fishcor in hof oor kwota-geskil

’n Vismaatskappy dagvaar Fishcor en die ministerie van visserye en mariene hulpbronne vir die beweerde onwettige toekenning van viskwotas.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – ’n Vismaatskappy voer in die hoërhof in Windhoek aan die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het kwotas waarop hy glo regte gehad het, onregmatig aan die staat se vismaatskappy, Fishcor, toegeken en verder aan derde partye gegee.

Die ministerie sê op sy beurt die maatskappy se visvangregte en -kwotas het reeds verval en geen besluit oor die hernuwing daarvan is nog geneem nie.

Neoplan Fishing and Marine Products (Pty) Ltd dagvaar die Namibiese regering, die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, Fishcor en Embiwiinda Fishing (Pty) Ltd.

Die aansoeker eis die besluit om nie sy visvangregte te verleng nie en die toekenning van sy kwotas aan Fishcor, moet hersien en reggestel word, omdat dit “onregverdig en irrasioneel” is.

Minister Derek Klazen argumenteer dat geen besluit om aan die applikant visvangregte toe te ken óf te weier nog geneem is; die besluit kan dus nie hersien of reggestel word nie.

Die partye het gister vir voorverhoor in die hoërhof in Windhoek voor regter Herman Oosthuizen verskyn.

‘ONGRONDWETLIKE’ TOEKENNING

Volgens Neoplan se argumente het die ministerie artikel 18 van die Grondwet, asook artikel 33, 34 en 42 van die Wet op Mariene Hulpbronne (wet 27 van 2000) geskend.

“Gedurende die tydperk 2018-2019 het die ministerie visvangkwotas, wat in Neoplan se naam was, aan Fishcor toegeken, wat dit aan derde partye soos Embiwiinda gegee het. Dis gedoen sonder die medewete van Neoplan en botsend met die voorskrifte van die wet.

“So ’n toekenning kan slegs deur die ministerie goedgekeur word wanneer die regtehouer by die ministerie aansoek doen om die kwota aan ’n ander party oor te dra,” lui die hofstukke.

Die ministerie beweer die Neoplan se regte het reeds op 31 Desember 2017, ná ’n tydperk van 20 jaar, verval.

“Die applikant het gevolglik geen geldelike visvangregte of -kwotas nie en kan nie aanspraak maak op vervalde regte en kwotas wat nie hernu is nie.”

MINISTERIE ONTKEN BESLUIT IS GENEEM

Volgens Neoplan se hofstukke is die ministerie se besluit om nie hul regte te verleng nie, op 1 April 2021 geneem en is die redes vir hul besluit nooit bekend gemaak nie.

Die ministerie hou vol geen besluit oor die verlenging of hernuwing is al geneem nie.

Klazen sê in die hofstukke: “Die aansoek wat voor my is, is steeds hangend omrede bepalings van artikel 33 van die wet oorweeg moet word, byvoorbeeld die vereiste dat ’n maatskappy voordeel vir die Namibiese bevolking moet inhou.”

Die ministerie het die hof versoek om die saak met koste van die rol te skrap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%