Filmbedryf groet Simon Wilkie
Filmbedryf groet Simon Wilkie

Filmbedryf groet Simon Wilkie

Vir ewig deel van Namibiese erfenis
Yandi Du Plessis
Mnr. Simon Wilkie, ’n veteraan in die Namibiese vermaakbedryf, is Woensdag op die ouderdom van 58 in die hoofstad oorlede.

Wilkie was ’n vername kinematograaf en kameraman, asook die stigter van Mubasen Communications en ’n geliefde figuur in die plaaslike kunste.

“Dit is met ’n swaar hart dat ek die afsterwe van Simon Wilkie meedeel. My persoonlike ervaring, wat gestaaf word deur almal wat die voorreg gehad het om met hom te doen te kry, was dat hy ’n saggeaarde, gawe siel was. Hy sal gemis word,” skryf me. M’kariko Amagulu, ’n adjunkdirekteur by die kunstedirektoraat, op Facebook.

Sedertdien stroom boodskappe van meegevoel en huldeblyke van ander Namibiese kunstenaars uit alle oorde in. Sy werk het duidelik ’n blywende impak op die bedryf gemaak.

“Simon was ’n sagte reus in die filmbedryf,” sê Lize Ehlers. “Hy was gaaf en vrygewig.”

“Toe ek jare gelede na Namibië teruggekeer het, het ek as produksieontwerper saam met Simon aan my eerste Namibiese film gewerk. Hy het altyd ’n kalm, positiewe energie uitgestraal. Hy het regtig ’n oog vir detail gehad. Dit was ’n eer en ’n voorreg om hom my vriend te noem.

“Hy het my lewe verryk met sy passie vir kinematografie en vir die lewe oor die algemeen. Hy was net ’n awesome mens. Simon het ’n belangrike rol in die Namibiese filmbedryf gespeel. Ek sal ons interessante gesprekke oor films en die lewe mis. Maar meeste van alles gaan ek hom mis,” sê me. Lila Swanepoel, ’n vervaardiger, produksieontwerper en Wilkie se hegte vriendin.

Mnr. Ernst Steynberg, ’n kreatiewe direkteur en lid van dB Audio Namibia, sê Wilkie was altyd deel van die storievertelproses in Namibië.

“Simon se naam verskyn in die eindkrediete van die meeste produksies waarby ek al betrokke was. Die drie ‘Remember Elphias’ films, ‘Reflections’, sowel as verskeie advertensies, musiekvideo’s en korporatiewe projekte – hy was altyd daar.

“Sy bydrae tot die Namibiese kunsbedryf is enorm en hy sal baie gemis word. Behalwe vir sy werk was Simon ook ’n wonderlike mens, altyd gaaf en saggeaard met Job se geduld. Ek sal hom mis en Namibië sal hom mis.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!