Fifa-komitee moet NSV-raaisel ontknoop

11 January 2019 | Sport
Die wêreldbeheerliggaam van sokker, Fifa, het aangekondig dat hy 'n komitee aangestel het om die woelinge in Namibiese sokker te normaliseer.

Volgens 'n brief wat Fifa se sekretaris-generaal Fatma Samoura aan die Namibiese Sokkervereniging (NSV) gerig het, sal die sogenaamde Fifa-buro die normaliseringskomitee saamstel wat die sake van die NSV tot aan die einde van Mei 2019 sal bestuur.

Die wêreldbeheerliggaam het tot dié besluit gekom ná 'n onlangse besoek deur 'n Fifa-delegasie aan Namibië om die situasie in die NSV te evalueer, wat die afgelope maande deur 'n magstryd op die topvlak gekenmerk is.

Die lede van die normaliseringskomitee se name word nie verskaf nie. Volgens die verklaring sal die komitee se mandaat wees om die daaglikse sake van die NSV te bestuur en om te verseker dat die NSV-lede wie se uitvoerende komitees nie meer binne hul mandaat is nie die nodige verkiesings reël en uitvoer.

Sodra dié verkiesings op ledevlak gehou is, moet die verkiesing van die NSV se nuwe uitvoerende komitee gereël word.

In Fifa se brief word ook verklaar dat die normaliseringskomitee sal optree as die koördineerders van die verkiesing en dat geen van sy lede kiesbaar mag wees vir die vakante posisies tydens die verkiesing nie.

Die termyn van mnr. Frans Mbidi (president) en die res van sy uitvoerende komitee van die NSV het op 5 Desember verlede jaar ten einde geloop.

Ná die ontmoetings tussen die Fifa-ondersoekspan, die NSV en die ministerie van sport, jeug en nasionale diens het die Fifa-buro bevind dat twee faksies binne die NSV teen mekaar werk en dat hulle nie versoen kan word nie.

Twee artikels van die Fifa-regulasies (8 en 14) is dus gebruik as grondslag vir die besluit om die normaliseringskomitee te vorm.

Benewens die binnegevegte het die ondersoekspan ook verskeie gevalle van finansiële wanbestuur en botsings van belange bevind, luidens die Fifa-brief.

Mnr. Barry Rukoro, die NSV se jarelange sekretaris-generaal wie se kontrak ook intussen verstryk het, het by navraag aan die nuusagentskap Nampa gesê hy is nie bewus wie die lede is wat gekies is om op Fifa se normaliseringskomitee te dien nie.

- Nampa

Soortgelyk

 

Mense uit 33 lande onder 157 rampslagoffers

7 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - Sover bekend was daar nie enige Namibiërs op rampvlug ET302 van Ethiopian Airlines nie.Familielede wat passasiers van die Ethiopiese lugdiens se vlug...

Ethiopiese vliegtuig met 157 aan boord stort neer

9 ure gelede | Ongelukke

‘n Boeing 737 van Ethiopian Airlines het vanoggend onderwegvanaf Addis Ababa na Nairobi in Kenia neergestort.Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het in ‘n verklaring...

braai en wen groot met . . .

1 dag gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

2 dae gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

2 dae gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

2 dae gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...