Fietsryer twee jaar tronk toe weens opkikkers

13 January 2021 | Sport
Die fietsryer Stefan Denifl van Oostenryk het Dinsdag twee jaar tronkstraf gekry vir sy aandeel in die internasionale Operation Aderlass-opkikkerskandaal.
CyclingNews.com berig Andreas Stutter, visepresident van die streekhof in Innsbruck, het die vonnis vir “verswarende sportbedrog” bevestig.
Stutter sê die verdediging en die aanklaers word drie dae gegun om teen die uitspraak te appelleer en 16 maande van die vonnis is opgeskort.
Denifl (33) het met sy vorige hofverskynings in Februarie 2020 erken dat hy opkikkers gebruik het, maar hy het aantygings van bedrog ontken en aangevoer dat hy al sy kontraktuele verpligtinge nagekom het.
Die hof het egter bevind dat hy sy span bedrieg het en hy is ook met ’n boete van €349 000 gestraf.
Die Oostenrykse “opkikkerpolisie” het Denifl in 2019 vir vier jaar geskors nadat sy rol in die Aderlass-skandaal aan die lig gekom het. Ander wat betrokke was, is ook reeds gevonnis.
Die voormalige skiër Johannes Duerr, wie se bekentenis oor die gebruik van opkikkers in ’n Duitse dokumentêre program aanleiding gegee het tot die ondersoeke na Aderlass, het in Januarie 2020 ’n opgeskorte vonnis van 15 maande gekry.
Die skiërs Max Hauke en Dominik Baldauf en die fietsryer Georg Preidler het ook tronkstraf gekry.
Die ondersoek het in Februarie 2019 aan die lig gekom toe die Oostenrykse polisie ’n klopjag op die Nordiese ski-wêreldkampioenskap in die Tyrol-provinsie uitgevoer het.
Vyf sportlui is op die plek in hegtenis geneem.
Die Duitse dokter wat as die baasbrein agter die skandaal beskou word, Mark Schmidt, is op dieselfde tyd in die Duitse stad Erfurt in hegtenis geneem. Sy verhoor het in September in München begin en die uitspraak word Vrydag verwag.
Aanklaers het aanbeveel dat Schmidt tronkstraf van vyf en ’n half jaar kry en vir vyf jaar as dokter geskors word.
– Netwerk24
FOTO
Die fietsryer Stefan Denifl is weens opkikker-oortredings uit die sport geskors. Foto AP

Soortgelyk
Nege sterftes, 307 nuwe gevalle
11 ure gelede | Gesondheid
Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het
13 ure gelede | Howe
Eloïse bring dalk storms
18 ure gelede | Weer
Swakoppoortdam loop oor
1 dag gelede | Weer
Voorvaderlike eise: Alle grond benut
1 dag gelede |
Woestynrivier laat lóóp
1 dag gelede | Weer
Noorde: Té nat én té droog
1 dag gelede | Weer
Making the art of painting look easy
1 dag gelede | Mense
Shoprite steeds in die hof
1 dag gelede | Arbeid
Kleinadvertensies