Fietsryer in ernstige toestand ná ongeluk
Leandrea Louw - Drie fietsryers is Dinsdagaand deur 'n bakkkie op die C14-pad tussen Narraville se afdraai en Walvisbaai se weegbrug raakgery.
Twee van die fietsryers, mnre. Toni Gerber en Eugene Louw, het minder ernstige beserings opgedoen, maar die ander een is ernstig beseer.
Me. Ané Hanekom (28), 'n onderwyseres en netbalafrigter van die Walvisbaai Privaat Hoërskool, is tans in 'n kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid, maar word as stabiel beskryf.
Sy het ernstige kopbeserings opgedoen en is onder verdowing geplaas sodat die swelling op haar brein kan sak.
Hanekom het weens ’n harde stamp ook gesigfrakture opgedoen en traumabeserings aan haar longe.
Volgens 'n bron na aan haar familie het die bestuurder van die bakkie hom glo met die ligte van die fietse misgis en in hulle vasgery.
Hanekom is 'n kranige fietsryer en het al verskeie medaljes in verskillende fietswedrenne gewen.
Sy het onder meer aan die Woerman Brock Cycling Classic (85 km), Pick ‘n Pay Cycle Classic (60 km) en die Lucky Star marathonfietswedren (105 km) deelgeneem.
Hanekom het met 'n intensiewe oefenproram begin om later vanjaar aan die Desert Dash deel te neem.
Dit strek oor 396 km.
Sy het die vroue-kategorie die 24 km-wedren van die Cycle 4 Animals gewen.
Die ongeluk het ’n oproer onder die fietsrygemeenskap veroorsaak en 'n massavergadering sal Maandag om 18:00 by die Lagoon Chalets op Walvisbaai gehou word om 'n veiligheidsveldtog vir die fietsrygemeenskap in Namibië te bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie