Fiennes volg Nureyev se spoor

05 July 2019 | Kuns en vermaak
The White Crow gaan oor ’n unieke kunstenaar se avontuur soos hy die balletwêreld vir altyd verander.

Dit neem die kyker op reis deur sy armoedige kinderdae in die Russiese stad Oefa, sy studentejare in Leningrad en sy epiese kennismaking met die Westerse kultuur in Parys in die vroeë 1960’s.

Dié indrukwekkende, dansbelaaide biografie fokus op Rudolf Nureyev se kinderdae, opleiding en lewensveranderende besoek aan Parys. Filmfinity (Edms) Bpk. versprei die fliek.

Dit is gebaseer op Julie Kavanagh se biografie oor dié Russiese balletdanser en die draaiboek is deur David Hare verwerk.

Die fliek se regisseur, Ralph Fiennes, het ná hy 20 jaar gelede Nureyev: The Life gelees het, versot op die verhaal geraak.

Nureyev, wat vir sy sensuele danstalent bekend was, het die spanning van die Koue Oorlog aangeblaas deur een van die eerste supersterre te word om van die Sowjetunie in 1961 weg te breek.

In The White Crow vertel Fiennes dié balletlegende se verhaal.

“Dit is so dramaties en spreek baie temas aan. Dit het ’n interpersoonlike dinamika, is ’n kans vir Nureyev om homself te laat geld en toon die meedoënloosheid wat daarmee gepaard gaan. Dit is ook binne die konteks van die ideologie van die verdeling tussen die Ooste en die Weste tydens ’n spannende tydperk in die Koue Oorlog,” sê Fiennes.

“Dit was sy karakter en wil wat hom laat besef het wie hy is wat my regtig aangegryp het,” sê hy.

“Ons wou ’n fliek maak oor iemand wat uniek en onkonvensioneel was.”

The White Crow is Fiennes se derde fliek as regisseur en volg in Coriolanus en The Invisible Woman se voetspore. As regisseur bestee hy dieselfde aandag aan fyn besonderhede en karakterskepping as wat hy as akteur doen. Omdat hy daarna streef om sy werk so eg as moontlik te laat lyk, het Fiennes Russiese dansers en akteurs gebruik en hulle toegelaat om in hul eie taal met mekaar op die skerm te praat.

Nureyev word briljant deur Oleg Ivenko vertolk.

Ivenko is ’n solodanser by die Jalil Tatar-balletteater, wat hope jeugdige energie en talent aan die rol verleen.

Regdeur die fliek word balletstukke foutloos opgevoer en is dit verteenwoordigend van die sukses wat hy bereik deur die verlede vir ’n nuwe toekoms agter te laat.

Die ondersteunende rolle sluit die balletster en akteur Sergei Polunin in.

Fiennes speel self een van die mees onderskatte karakters (wat hy heeltemal in Russies vertolk) in die fliek.

Hy is Alexander Pushkin, die beroemde dansmeester wat iets in Nureyev se passie raaksien.

Pushkin se vrou, Xenia (Chulpan Khamatova), stel ook baie belang in Nureyev en nooi hom na haar woonstel waar sy hom verlei.

In die fliek reis die balletster na Parys saam met die Kirov-balletgeselskap.

Daar raak hy bevriend met die Franse danser Pierre Lacotte (Raphaël Personnaz) en die glanspersoonlikheid Clara Saint (Adèle Exarchopoulos), wat oor die dood van ’n geliefde treur en ook die seun van die Franse minister van kultuur, André Malraux, is.

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

9 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

9 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

9 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

9 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

9 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...