Fetus in vullisdrom gevind
Maria Eiseb - Die fetus van 'n meisie van sowat ses of sewe maande, nog met die naelstring aan, is Maandag in die Wanaheda-woonbuurt in Katutura gevind.
Skoonmakers van die Windhoek-munisipaliteit het in 'n groot vullisdrom in Okarundustraat daarop afgekom.
Volgens supt. Eliaser Iiyambo van die Windhoekse stadspolisie is die fetus Sondagaand of vroeg Maandagoggend daarin gegooi.
Die polisie het die hulp van die publiek gevra om inligting te verskaf oor swanger vroue wat skielik nie meer verwagtend is nie, maar ook nie 'n baba kan toon nie. Die identiteit van die mense sal beskerm word, het Iiyambo bygevoeg.
Volgens een van die werkers, me. Loini Ekandjo, wou sy die plastieksak uit die vullisdrom gehaal het, maar sy het bloed aan die sak opgemerk en haar kollega geroep.
Mnr. Thomas Kasieta het gesê hy het 'n stok gebruik om te voel wat in die sak is. “Ek het eerste die armpie gesien en daarna die res van die lyfie, het hy gesê.
Supt. Iiyambo het 'n beroep op vroue gedoen om hulp te soek pleks van hul babas weg te gooi. "Daar is mense wat julle sal help," het hy gesê.
“Dit is wel 'n baie ernstige kwessie en 'n moordsaak word ondersoek."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie