Fenata: Geen reddingsboei vir toerisme
Fenata: Geen reddingsboei vir toerisme

Fenata: Geen reddingsboei vir toerisme

Dringende optrede en betekenisvolle steun is dringend noodsaaklik om die toerismesektor van ondergang te red.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Hoewel sekere toerisme- en gasvryheidsbedrywe mag sake doen, meen die Namibiese Federasie van Toerismeverenigings (Fenata) daar is geen reddingsboei vir die toerismesektor nie.

“As Namibië nie daarin slaag om nou betekenisvolle steun aan die toerismebedryf te gee nie, sal die skade weens Covid-19 vir baie jare nie weer ingehaal kan word nie,” skryf die voorsitter van Fenata, mnr. Bernd Schneider, Dinsdag in 'n brief met nog voorstelle aan die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, asook die ministers van finansies en staatsonderhemings.

Schneider meen dit lyk of sommige vlakke van die regering steeds nie besef in watter ernstige toestand nie net die toerismesektor nie, maar die hele land is.

“Dringende optrede, meer as lippetaal, is nou nodig.

“Sonder enige betekenisvolle steun sal maatskappye hul deure permanent moet sluit en die basis vir enige toekomstige werkgeleenthede sal heeltemal verwoes wees.”



DOODLOOPSTRAAT

Volgens Fenata was daar tot dusver geen reddingsboeie nie: “Die beloofde bespoediging van VAT-terugbetalings is wyd ondersoek en het nie gebeur nie.

“Banke en finansiële instellings is ook 'n doodloopstraat vir toerisme. Die streng finansieringsreëls en ander administratiewe hindernisse maak dit onmoontlik om verdere krediet of betalingsvakansies te verleng.”

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het gister in 'n mediaverklaring gesê die toerisme- en gasvryheidsektor soos akkommodasiegeriewe, gastehuise, bed-en-ontbytplekke, lodges, kampeerterreine, restaurante en vervoer mag weer sake doen met streng gesondheidsmaatreëls wat vanaf 5 Mei tydens fase 2 van die Covid-19-inperkingsmaatreëls geld.

“Spesifieke regulasies moet nog in die Staatskoerant gepubliseer word, maar ons moedig die sektor aan om sosiale afstand en higiëneprotokol te volg.”

Muyunda verwys na restaurante waar gaste nie by tafels mag aansit nie, maar liewer wegneemetes kry. Geen alkohol mag in enige restaurant of akkommodasiegerief bedien word nie.

Een voorstel van Fenata om die restaurantbedryf te red, is om vir voorafbespreekte gaste oop te wees en te verseker dat sosiale afstand gehandhaaf word met tafels wat ver van mekaar gespasieer is.

Fenata versoek ook dat alkohol slegs aan gaste in restaurante bedien word met geen buite-verkope toegelaat nie.

Casino's, dobbelhuise en kroeë se deure moet toe bly.

Fenata versoek ook dat casino's moet oopmaak, 'n beperkte aantal mense inlaat en sosiale afstand handhaaf.

“Die ministerie verstaan dat die Covid-19-pandemie die toerisme- en gasvryheidsbedryf hard geslaan het. Die sektor ly aansienlike verliese in inkomste en werkgeleenthede, maar die inperkings is nodig om die gesondheid van Namibiërs te verseker en in die lang termyn vertroue in Namibië as 'n bestemming vir toekomstige reis te handhaaf,” het Muyunda gesê.

Hy sê die ministerie werk saam met belanghebbendes om te verseker dat die Namibië 'n reisbestemming van keuse ná die pandemie sal bly.

“Die ministerie doen sy bes om te verseker dat die toerismebedryf deel is van die regering se ekonomiese stimulus of reddingsplanne. Die voortdurende werkverliese maak die ministerie ernstig bekommerd,” sê Muyunda.

Hy doen 'n beroep op die publiek om die land se nasionale parke wat oop is, te besoek en die toerismebedryf in hierdie moeilike tyd te ondersteun.

Hy sê die private sektor is besig om spesiale aanbiedinge vir Namibiërs saam te stel en plaaslike toerisme te bevorder.

“Toerisme is almal se besigheid en nou is die tyd vir die mense om saam te staan en Bestemming Namibië te help,” sê Muyunda.

Fenata meen om die ondergang van die toerismesektor te voorkom, is dringende optrede en betekenisvolle ondersteuning noodsaaklik.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%