Feestyd-reëns stel teleur
Hoewel die suidoostelike dele van die land bogemiddelde reënval in Desember verlede jaar geniet het, is reënvalsyfers steeds te laag.
Mariselle Stofberg - Volgens die jongste amptelike reënvalverslag van die Namibiese weerkantoor het die onderdrukte reënval oor groot dele van die land aanleiding gegee tot 'n reënvaltekort in die eerste gedeelte van die reënvalseisoen.
Reënval vir Desember 2018 was hoofsaaklik gekonsentreerd oor die suidoostelike dele van die land, met Rundu wat 101,5 mm reën binne 24 uur gemeet het. Dít is ook aangeteken as die meeste en swaarste reën tydens die maand, gevolg deur Ombona in die oostelike dele van Erongo en Ncamagoro in Kavango-Oos met 40 mm.
Bogemiddelde reënval is aangeteken oor onder meer Rundu, Ombona in die Erongostreek, Steinhausen in die Omahekestreek, en Windhoek. Rundu het 'n totale reënval van 136,5 mm vir Desember gemeet, wat 84% bo die gemiddelde reënval vir die maand is.
Windhoek het tot dusver 15% bo die normale reënval geniet.
Onderdrukte reënval is egter oor groot dele van die land aangeteken, met die uitsondering van die gebied in die driehoek tussen Khorixas, Otjiwarongo, Otjimbingwe en die gebiede rondom Steinhausen, wat bogemiddelde reënval aangeteken het.
Hoewel Khorixas geen reën in Desember ontvang het nie, is die totale reënval vir die seisoen steeds ver bo die normale (79%).
Die droogte teister steeds groot dele van die land, met onder meer Grootfontein (-65%), Gochas (-100%), Keetmanshoop (-89%) en Karasburg (-83%) se totale reënval tot dusver vir huidige seisoen wat ver ondernormaal is.
Die suide van die land het veral ver ondergemiddelde reënval ontvang, met onder meer Ariamsvlei en Aroab, wat geen reën in Desember ontvang het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie