Fees van vars talent

01 February 2019 | Kuns en vermaak
Die International Arts Talent Showcase (ITS) is 'n nasionale platform vir kunstenaars en modelle om hul talent in vier verskillende kategorieë ten toon te stel.

Dit sluit in modelwerk, sang, toneelspeel and dans.

Die ITS word jaarliks by die Tsogo Sun Silverstar Casino in Suid-Afrika aangebied, waar akteurs, modelle, sangers en dansers van oraloor Afrika bymekaarkom om hul talente ten toon te stel.

Talentsoekers Elsubie Verlindend en Elouise Janse van Rensburg reis oraloor Suid-Afrika, op soek na vars talent, wat uiteindelik aan die finale kompetisie sal deelneem.

Verskeie ander talentsoekers word ook ingespan om die proses te ondersteun.

Internasionale talentsoekers sluit onder meer Rhyvann Drummer, rolverdelingsdirekteur vir Tyler Perry Studios in, asook Blaze Johnson van The Voice America, die junior rolverdelingsdirekteur vir die Steve Harvey Show en The Four op FOX Channel, en Kim Myers van die ARTS-konvensie in Orlando, Florida.

Kunstenaars wat al aan ITS deelgeneem het, het groot sukses oor die wêreld, maar veral in Amerkia, behaal.

Die ITS het al ‘n geskatte U$620 000 in gedeeltelike beurse van die New York Film Academy ontvang en 62 kunstenaars het reeds hul studies suksesvol aan dié instituut voltooi.

Vanjaar kry Namibiërs ook ‘n kans om aan ITS deel te neem.

“Ons het Namibiese talent nog nooit verken nie. Jaarliks raak die behoefte aan oudisies daar al groter. Kunstenaars kom na Suid-Afrika om oudisies by te woon, maar weens finansiële redes kan almal nie altyd ons Suid-Afrikaanse oudisies in Kaapstad of Gauteng bywoon nie,” sê Abraham Pieters, ‘n voormalige deelnemer aan ITS, en skakelbeampte vir dié platform in Namibië.

ITS se hoofdoel is om talent te bevorder en mense se drome ’n werklikheid te maak.

“Waarvan ek regtig van ITS hou, is die feit dat dit vir almal van alle ouderdomsgroepe voorsiening maak. Jy het geen ervaring nodig om deel te neem nie. Dit gaan net oor die passie en honger om sukses te bereik,” het Abraham gesê.

Hy is 'n 24-jarige Namibiër, akteur, vervaardiger en regisseur.

“Ek is 'n TV-alumni van die Kollege van die Kunste (Cota) in Windhoek en het later drama, TV en teater in Johannesburg by die Brümilda's Acting Academy gestudeer. Ek het ook 'n kort filmkursus in Los Angeles gedoen. Ek het baie ondervinding in die TV- en drama-bedryf in beide my eie land en in Suid-Afrika opgedoen.”

Plaaslik het Abraham by die nasionale uitsaaier (NBC) gewerk, en het later sy eie program, Afro Space, op One Afrika Television vervaardig.

Hy raai enige Namibiër met talent aan om oudisies vir ITS te doen.

“Ek glo sterk kuns is daar om te ontwrig, om vrae te vra en om die grondslag van die land waarin ons almal gelyke geleenthede het, te herwin. Dit help om 'n ruimte te skep waarin die onderliggende mensdom erken word en ons verskille gevier word.”

Kuns is iets wat met verbeelding en vaardigheid geskep word, sê Abraham verder.

“Twee dinge waaroor ons almal beskik. Maak nie saak wie jy is nie. Kuns kan belangrike idees of gevoelens help uitdruk. Kuns is nie propaganda nie. Dit is iets wat die siel bevry, die verbeelding ontsluit en mense aanmoedig om verder te gaan. Dit vier die mensdom in plaas daarvan om dit te manipuleer,” sê hy.

Oudisies vir ITS sal op 23 Februarie by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) plaasvind.

Registrasie vir oudisies is reeds aan die gang, so belangstellendes moet opskud!

Vir meer inligting, kontak [email protected]

Soortgelyk

 

Sesde vermeende renosterstroper vrygelaat

6 ure gelede | Howe

Die sesde beskuldigde in 'n renosterstroperysaak is vandag borgtog van N$6 000 in die landdroshof op Outjo toegestaan. Mnr. Rukeeveni Nguronda (34) en sy vyf...

Ter plaatse ondersoek na hout-oeste

7 ure gelede | Omgewing

Die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne het gister besoek aan drie Chinese houtdepots in die Kavango-Oosstreek by Kapupahidi, Taratara en Kawe afgelê. Dít glo...

Kalahariwoestyn keer terug

22 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

22 ure gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

22 ure gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

22 ure gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

22 ure gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

22 ure gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...