Federer help leerders voed

Kwesbare gesinne met jong kinders het kospakkies ontvang in ’n gesamentlike poging van verskeie organisasies om die proses van tuisonderrig te vergemaklik.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Die Church Alliance for Orphans (CAFO), Lifeline Childline (LL/CL) en Women’s Action for Development (WAD) is bedrywig om met finansiële steun van die Roger Federer-stigting kos aan kwesbare gesinne met kinders te voorsien.

Dit sal oor ’n tydperk van twee maande gedoen word.

Die voedingsprojek is gemik op skoolkinders en kinders by sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (ECD) wat tans die impak van die Covid-19-pandemie voel. Dit is deel van die Federer-stigting se inisiatief wat fokus op skoolgereedheid en ongeveer 12 000 kinders in ses streke oor die land bereik.

“Hierdie is ’n ongelooflike belangrike inisiatief van die organisasie om die ouers in hierdie gemeenskap te ondersteun. Baie van hierdie ouers het op die oomblik nie werk nie en dit is vir hulle baie moeilik om na hul kinders se basiese behoeftes om te sien. Hierdie kospakkies beteken ongelooflik baie vir die gemeenskap en die skool,” sê mnr. Andreas Katangolo, die skoolhoof van Laerskool Havana.

Op Vrydag, 8 Mei, het die organisasies kospakkies aan Laerskool Olof Palme, Laerskool Havana en sewe ECD-sentrums in Windhoek oorhandig. Die inhoud van die kospakkies sluit in meel, olie, wortels, aartappels, boontjies, soppakkies en appels vir die kinders en die waarde beloop altesaam ongeveer N$100 000.

Weens die nasionale inperking en die sluiting van skole en ECD-sentrums, ontvang leerlinge nie die vereiste voedingswaarde van maaltye nie, wat fisieke en emosionele ontwikkeling negatief kan beïnvloed.

Ouers van Laerskool Havana het ook, saam met die kospakkies, die eerste reeks opvoedkundige boekies ontvang wat deur Namibia Media Holdings (NMH) gedruk is.

Met hierdie boekies poog NMH om voorskoolse en laerskoolleerlinge landswyd toegang tot leermateriaal te bied. Meer as 300 000 skoliere sal by die projek baat, waarmee NMH die ministerie van onderwys, kuns en kultuur bystaan om onderwys te verbeter en tuisonderrig vir almal moontlik te maak.

“Vir my kind om elke oggend vroeg op te staan en ten volle sy skoolwerk te kan doen, is dit belangrik dat hy elke dag iets het om te eet. Met hierdie donasie en die boekies wat ek kon ontvang, kan ek seker maak my kind se opvoeding bly altyd ’n prioriteit, veral in hierdie deurmekaar tyd,” sê me. Celia Sakaria, die ma van ’n sesjarige kind.

Die Federer-stigting het US$1 miljoen in die Suider-Afrikalande waar sy skoolgereedheidsprogramme bedryf word, beskikbaar gestel vir voedingskemas in skole en ECD-sentrums.

CAFO, in samewerking met die Luxemburg-stigting, ondersteun verder 10 ECD-sentrums om 600 kinders in die Kavangostreek rondom Rundu te voed. Met ondersteuning van verskeie borge voorsien CAFO ook kospakkies aan 100 laerskoolkinders wat gewoonlik die Bernard Nordkamp Afternoon Care-sentrum in Katutura bywoon.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.95 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.96 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 213.91/OZ UP +1.06% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 456.10/T DOWN -0.02% | Brent Crude Oil US$ 87.14/BBP UP +0.87% | Platinum US$ 908.98/OZ UP +1.58%