FB, Instagram en WhatsApp lol om dié rede

05 July 2019 | Tegnologie
Facebook, Instagram en WhatsApp het Woensdagmiddag netwerkprobleme wêreldwyd ervaar, ook in Suid-Afrika.
Dit volg op soortgelyke probleme met gewilde Suid-Afrikaanse webwerwe soos Takealot.com, MyBroadband en News24.com die afgelope week.
Die onderbrekings blyk gekoppel te wees aan die Amerikaanse kubersekuriteitsfirma Cloud Flare, wat geraak is deur ’n onderbreking by die telekommunikasieverskaffer Verizon.
Matthew Prince, hoof- uitvoerende beampte van Cloud Flare, het op Twitter ontken dat dié maatskappy vir die probleme op Facebook verantwoordelik is. Die maatskappy het ook ontken dat hy die slagoffer van ’n kuberaanval was.
Die BBC berig sommige gebruikers van Facebook, Instagram en WhatsApp het gesukkel om foto’s en video’s op te laai.
Facebook, wat al drie dié dienste besit, het gesê hy is bewus van die probleem en dat hy daaraan werk om alles “so gou as moontlik” weer normaal te kry.
WhatsApp-boodskappe het af en toe gewerk, maar stemnotas, video’s en foto’s kon nie afgelaai word nie.
Baie mense het op Twitter, wat nie geraak is nie, uitgevaar om te kla oor die probleem. – Netwerk24

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
1 dag gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
1 dag gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
1 dag gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
1 dag gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
1 dag gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
1 dag gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
1 dag gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
1 dag gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
1 dag gelede | Regering
Kleinadvertensies