Fase 2 vandag in werking
Die president meen daar is meriete om sommige beperkings op sosiale en ekonomiese aktiwiteite geleidelik te lig.
Elvira Hattingh
“Die stryd teen Covid-19 sal nie 'n naelloop wees nie. Dit sal 'n marathon wees wat van ons gesamentlike uithouvermoë vereis.
“Daarom moet ons moed hou en 'n blywende stryd voer om die oorhand bo hierdie onsigbare vyand te kry.”
So het president Hage Geingob gesê tydens sy aankondiging Donderdag dat Namibië se inperking weens die Covid-19 pandemie, in fases opgehef sal word.
Dienooreenkomstig is vier fases aangekondig vir die geleidelike uitfasering van die grendelstaat – elk daarvan 28 dae lank, oftewel twee inkubasietydperke vir die coronavirus.
Namibië het tot dusver net sestien positiewe Covid-19-gevalle gehad, met geen sterftes nie.
“Terwyl ons toegee dat die uitsonderlike maatreëls ons daaglikse lewe erg omver gegooi het, was dit nodig en doeltreffend,” het die president Donderdag gesê. Tóé reeds was daar reeds vir 25 dae lank geen nuwe gevalle aangemeld nie.
VIND BALANS
Die president meen daar bestaan meriete om sommige van die beperkings op sosiale en ekonomiese aktiwiteite geleidelik op te hef. Dit omdat 'n balans gevind moet word tussen die beskerming van menselewens, mense se geestesgesondheid en hul lewensbestaan.
Fase 1, waartydens algehele inperking geld, het 38 dae lank geduur.
Fase 2, waartydens die inperking geleidelik en onder streng voorskrifte gelig word, is van 5 Mei tot 2 Junie van krag, terwyl die derde fase daarna intree. Hiervoor geld matige voorskrifte en dit sal na verwagting tot 30 Junie duur.
Fase vier sal ná 30 Junie tot waarskynlik die einde van die noodtoestand van krag wees, 'n fase wat die “nuwe normaal” genoem word.
Geingob het gesê die oorskakeling van een fase na die volgende sal deur moontlike Covid-19 gevalle beïnvloed word, terwyl die fyner besonderhede van die fases ook kan verander. Verder is die datums vir wanneer fases 3 en 4 begin, tentatief en bedoel om besighede met hul beplanning te help.
“Die werklike duur van elke fase kan verminder of verleng word, afhangende van moniteringsverslae asook hoe die situasie in die land verander,” het die president gesê.
Geingob het 'n noodtoestand op 17 Maart aangekondig en elf dae later is die land onder inperking geplaas. Die noodtoestand sal vir ses maande tot 17 September van krag wees en kan verleng word, sou die situasie dit vereis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie