Fantastiese verhale uit die Griekse mitologie

13 May 2004 | Kollig
Oorvertel deur Pat Posner, geïllustreer deur Olwyn Whelan en vertaal deur Daniel Hugo

VIR die eerste keer in amper twintig jaar is verhale uit die Griekse mitologie weer in Afrikaans beskikbaar. Die stories in hierdie boek gaan oor die geboortes, die huwelike, vetes en stryery van die Griekse gode en godinne. Dit gaan ook oor nimfe, drake en ander magiese wesens. En moet nie van gewone sterflinge vergeet nie. Die Griekse gode en godinne het alte graag by hul lewens ingemeng. Soms was hulle goedgesind teenoor die mense en het selfs verlief geraak op hulle. Ander kere was hulle briesend en het hulle die mense kwaad aangedoen.
Rondreisende storievertellers het hierdie stories, wat mites genoem word, oorvertel terwyl hulle deur ou Griekeland getrek het. Daar is nie net één korrekte weergawe van die mites nie, omdat hierdie stories oor \'n lang tyd ontwikkel het soos wat hulle mondeling van geslag tot geslag oorgedra is. Tog het daar \'n paar belangrike literêre werke oor ou Griekeland tot stand gekom wat gehelp het om die mites te verewig. Homeros se Ilias en Odusseia, Hesiodos se Theogonia en Ovidius se Matamorphoses fokus al-mal op die basiese karakters en temas van die Griekse mitologie. Geskiedkundiges het ook uitbeeldings van dié stories op antieke vase, tempelgravures en ander artefakte gevind.
Fantastiese verhale uit die Griekse Mitologie is \'n versameling van ses pragtig geïllustreerde vertellings uit die klassieke verhaalskat. Dit is boeiend oorvertel in toeganklike prosa en sal beslis jong lesers vermaak en inlig oor die klassieke kultuur.
Fantastiese verhale uit die Griekse Mitologie (ISBN: 0798143886) is deur Human & Rousseau vrygestel en kos N$79,95.

Soortgelyk

 

SME hoor in November oor finale likwidasie

5 ure gelede | Howe

Betoë is vandag in die Windhoek-hoërhof gelewer deur regsverteenwoordigers van die Bank of Namibia en twee minderheidsaandeelhouers, die Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle...

Man gooi seun met baksteen teen die kop

5 ure gelede | Misdaad

'n Vyftienjarige seun is ernstig beseer en moes vir behandeling na Windhoek oorgeplaas word nadat hy met 'n halwe baksteen teen die kop getref is.Volgens...

Miltsiekte: Baie karkasse al verbrand

8 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeyo Muyunda, het vanoggend bevestig dat meer as 80 karkasse van...

Keelvol studente soek hul geld

21 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

21 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

21 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

21 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

21 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

21 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...