FAK huldig Dalene Matthee in Knysna-bos
FAK huldig Dalene Matthee in Knysna-bos

FAK huldig Dalene Matthee in Knysna-bos

Yandi Du Plessis
Die Knysna-bos was vir die skrywer Dalene Matthee soos ’n enorme “kragstasie” waaruit sy inspirasie geput en energie gekry het.

So het Alta Scott, broerskind van Matthee, Saterdag op ’n kranslegging by ’n gedenkteken vir Matthee in die bos op die 16de herdenking van haar dood gesê.

Een van Matthee se boeke, Toorbos, is in ’n rolprent omskep en as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 93ste Oscar-toekennings vanjaar in die afdeling vir beste internasionale rolprent gekies.

Die kranslegging is deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) se kultuurnetwerk in Mosselbaai, die Dameskring en die Voortrekkerkommando in George gereël.

Volgens Scott het haar tannie dinge op ’n ander manier gedoen. Sy was ’n natuurlike mens wat byvoorbeeld min gepla was met iets soos om baie klere te hê.

“As kinders het sy ons opgepas en altyd stories vertel en ons vermaak,” sê sy.

Matthee het ook altyd die bos “gegroet” en in feë geglo en vir hulle kos in haar tuin gegee, het sy gesê.

Matthee is op die geleentheid ook geloof vir al haar boeke wat die Knysna-bos, sy mense en olifante aan die wêreld bekend gestel het.

Scott en haar ma, Minee, (Matthee se broer, Harry Scott, se vrou) het onder andere kranse gelê. Die sanger Petronel Baard het die “Magaliesburgse Aandlied” gesing, waarna die groep die Kringe in ’n Bos-staproete gestap het.

Matthee is op 20 Februarie 2005 in Mosselbaai dood. Haar as is gestrooi by Krisjan-se-Nek, waar die gedenkteken ook opgerig is.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!