Faf moet voor Temba kolf, sê Boeta

Krieket
Johann de Jager - Die beste kolwer in die Suid-Afrikaanse span, Faf du Plessis, moet in die belangrikste posisie in die kolflys, nommer vier, slag bied.

Daarom glo Boeta Dippenaar, 'n voormalige Protea-kolwer, dat Du Plessis voor Temba Bavuma moet instap.

Dippenaar is om kommentaar genader nadat Suid-Afrika se kolwers erg kleigetrap het in die eerste toets teen Sri Lanka en binne drie dae met 278 lopies verneder is.

Suid-Afrika het in sy eerste beurt 'n naguil ingespan, waarna Temba Bavuma in die tweede beurt met AB de Villiers se plek op nommer vier toevertrou is.

Dippenaar meen Bavuma “sukkel nog om sy voete te vind” en dat Du Plessis moet opskuif na die vierde plek.

Hy sê Suid-Afrika moet besef die kanse is goed dat daar op daardie kolfblaaie paaltjies sal kantel, maar hy sal steeds wil sien dat hulle waar moontlik positief kolf.

“Ons moet die slag afwissel en ons moet die druk op die bouler probeer verplaas. Ons het dit in die eerste toets nooit reggekry om die druk te verplaas nie,” sê Dippenaar.

Dale Benkenstein, die Proteas se kolfafrigter, sê die gesukkel teen draaiboulwerk is 'n kwessie van die spelers se ingesteldheid wat moet verander.

Hy sê dit gaan daaroor om geestelik oorgehaal te wees, wat hulle nie was nie, omdat hulle lanklaas toetskrieket gespeel het.

“Wanneer jy baie toetskrieket agter die blad het, is jy gerat vir die druk en ons was 'n bietjie laag wat dit betref.”

Hy sê hulle moet hulself net weer herinner dis toetskrieket en hy dink nie hulle is ver van waar hulle moet wees nie.



DRAAIER

Die 31-jarige Shaun von Berg, wat in 'n stadium 'n loopbaan in Nieu-Seeland oorweeg het, kan vandeesweek die 100ste toetsspeler van Suid-Afrika word sedert die land se hertoelating tot internasionale krieket.

Dit volg nadat Tabraiz Shamsi weens familieredes na Suid-Afrika moes terugkeer. As hy nie betyds kan terugkeer vir die tweede toets wat Vrydag by die Sinhalese-sportklub in Colombo begin nie, is die kans groot dat die bybreker Von Berg as die tweede draaier saam met Keshav Maharaj ingespan kan word.

Krieket Suid-Afrika sê geen besluit is nog oor Shamsi se terugkeer na die toerspan gemaak nie.

Von Berg het in die toerspan se opwarmwedstryd teen 'n raadselftal in die P. Saravanamuttu-stadion in Colombo 2/82 in 17 beurte laat kantel, wat die paaltjies van Sri Lanka se toetsaanvangskolwer Danushka Gunathilaka en nog 'n toporde-kolwer insluit.

Von Berg het in 2017 met die jaarlikse draaierskamp baie geleer van Indië se voormalige bybreekbouler Sairaj Bahutule.

Hy het die afgelope seisoen 29 paaltjies laat kantel, die derde meeste in die plaaslike meerdagreeks ná Simon Harmer (47) en Senuran Muthusamy (33), wat ook draaibalboulers is.

Von Berg is ook 'n behendige kolwer en sy insluiting sal die kolflys versterk.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!