Facebook verbied 200 apps oor myn van data
Petrus Malherbe - Facebook het reeds meer as 200 apps sy platform verbied sedert hy nuwe maatreëls ingestel het om gebruikers se inligting beter te beskerm.
Dit kom nadat 'n storm om Facebook losgebars het toe dit bekend geword het die konsultasiefirma Cambridge Analytica het toegang tot 87 miljoen gebruikers se inligting bekom deur middel van 'n skynbaar onskadelike app genaamd thisisyourdigitallife.
Die 200 apps wat nou verbied is, word tans deur die maatskappy ondersoek om te bepaal of enige Facebook-gebruiker se inligting daardeur misbruik is, sê Ame Archibong, Facebook se visepresident van produkvennootskappe.
Facebook sê hy het al “duisende apps” ondersoek sedert sy hoof, Mark Zuckerberg, in Maart aangekondig het alle apps wat toegang tot groot hoeveelhede inligting het, se toegang tot Facebook word hersien.
“Daar is nog baie werk wat gedoen moet word om al die apps te vind wat moontlik mense se data misbruik, en dit gaan tyd neem,” het Archibong in 'n inskrywing op die maatskappy se blog gesê.
Nog 3 miljoen se data dalk gemyn
Intussen het dit aan die lig gekom die Facebook-inligting van drie miljoen mense wat 'n persoonlikheidsvraelys ingevul het, is op 'n onbewaakte webwerf gepubliseer waar enigeen maklik toegang daartoe kon kry.
New Scientist berig die gebruikers se antwoorde op die vrae was op die webwerf beskikbaar, maar wel nie hul name nie. In baie gevalle is die gebruikers se ouderdomme en of hulle in 'n verhouding is of nie, wel ingesluit.
Al die inligting was veronderstel om net vir goedgekeurde navorsers beskikbaar te wees, maar New Scientist het bevind dat 'n werkende gebruikersnaam en wagwoord vir toegang tot die inligting “binne minute” aanlyn te vinde was.
Teoreties kon enigiemand daarmee toegang tot die inligting verkry.
Die data is versamel deur die invul van 'n persoonlikheidstoets genaamd myPersonality. Gebruikers moes aandui of hulle bereid is dat die uitslag van die toets met navorsers gedeel word, en meer as die helfte het daartoe ingestem.
Die span agter myPersonality het enige navorser wat daarvoor gevra het, toegang tot die inligting gegee. Meer as 280 individue het toegang tot dié data verkry, insluitende werknemers van Facebook.
myPersonality is een van die 200 apps wat deur Facebook die platform verbied is.
– Netwerk24/The Verge/Nampa/Reuters/New Scientist

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie