Facebook ‘spioeneer’ op kinders
Die maatskappy het ’n omstrede app, Facebook Research, waardeur hy navorsing doen oor alles wat mense aanlyn doen.
Saamgestel Deur William Horne – Facebook het kinders van so jonk as 13 betaal om op hulle te mag spioeneer.
Die maatskappy het ’n omstrede app, Facebook Research, waardeur hy navorsing doen oor alles wat mense aanlyn doen.
Facebook Research het mense van 13 tot 35 jaar $20 per maand betaal om toegang te kry tot aanlyn gedrag wat Facebook gesê het waardevol is vir hul produknavorsing, berig Sky News.
Facebook Research funksioneer as ’n virtuele private netwerk (VPN), wat alle internettoegang vanaf die slimfoon waarop die app geïnstalleer is, deur Facebook se eie bedieners laat loop. Sodoende kan die sosialemediareus alle bedrywighede van die gebruiker monitor en ontleed.
Volgens ’n verslag deur TechCrunch is die data onder meer gebruik om ook ander app-gebruik dop te hou sodat Facebook sy mededingers kon bepaal.
TechCrunch berig ook ’n voorganger van dié app, Onavo, is gebruik om te monitor hoe gewild WhatsApp geraak het voordat Facebook besluit het om dié klets-app vir $19 miljard aan te skaf.
Onavo is in Junie 2018 van Apple se App Store verbied toe Apple sy beleid bygewerk het om programme te verbied om data te versamel oor die gebruik van ander apps wanneer dit nie ’n noodsaaklike deel van die app se funksie was nie.
Om die Facebook Research-app te kon benut, berig
TechCrunch, het Facebook eksplisiet Apple se programme om apps te evalueer, omseil.
Sedert die verslag Dinsdag bekend gestel is het Apple intussen die Facebook Research-app gestaak. Dit is dus nie meer beskikbaar op die App Store nie, berig
The Verge.
Maar sulke beleide bestaan nie op Google se Play Store nie, en die omstrede spioenasie sal dus voortduur op Android-slimfone waarop die app afgelaai is.
Facebook het op sy beurt betwis dat die app op gebruikers “gespioeneer” het, aangesien hulle toestemming gegee het om toegang te verleen tot elke aktiwiteit op hul slimfoon en ook daarvoor vergoed is.
Woensdag het die sosialemediamaatskappy ’n verklaring uitgereik wat ook bevestig dat ouers toestemming gegee het dat hul kinders die app aflaai.
“Minder as 5% van die mense wat verkies het om aan hierdie marknavorsingsprogram deel te neem, was tieners. En elkeen van hulle het met getekende ouerlike toestemmingsvorms die app benut,” sê Facebook. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie