Facebook-plasings verdwyn soos mis voor die son
Verskeie Facebook-gebruikers het laat weet hul plasings verdwyn soos mis voor die son.
Dié probleem raak oënskynlik net sekere Facebook-bladsye en -plasings.
Op eie bodem het plasings op Namibia Media Holdings (NMH) se Namibian Sun- en Allgemeine Zeitung-bladsy spoorloos verdwyn.
Klagtes oor die verdwyning van plasings het weer in Mei kop uitgesteek nadat dit die eerste keer in April 2015 aangemeld is.
Dit lyk of plasings hulself bloot “uitwis” ná dit geplaas is.
Facebook-gebruikers sê dit verdwyn binne minute ná dit slegs deur sommige gebruikers gesien is.
Ander sê hul geskeduleerde plasings verdwyn en nóg gebruikers beweer dit verdwyn en verskyn lukraak.
Volgens internasionale berigte is 'n rekenaarvirus die sondaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie