Facebook-datastorting raak 400 000
Facebook-datastorting raak 400 000

Facebook-datastorting raak 400 000

’n Reuse lekkasie van inligting beïnvloed honderde duisende Namibiërs se kuberveiligheid.
Augetto Graig
Augetto Graig – Meer as 400 000 plaaslike Facebook- gebruikers se persoonlike inligting is Sondag op die wêreldwye web gestort.
In 2019 is die persoonlike data van 533,3 miljoen Facebook- gebruikers wêreldwyd gekaap, insluitend 409 356 Namibiërs s’n.
Telefoonnommers, naam en van, Facebook-identifiseringsnommer, ligging, getroude status, geboortedatum, werkgewer en enige ander besonderhede wat sigbaar op Facebook is, vorm deel van dié inligting.
Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, se selfoonnommer was ook tussen die inligting, volgens haveibeenpwned.com, een van verskeie webwerwe wat navrae oor die inligting vergemaklik. Dausab het bloot gereageer, “Wow” en “Shuu” toe sy om kommentaar genader is.
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), dr. Peya Mushelenga, het gesê die toenemende kriminele tendens op die internet is betreurenswaardig.
“Ek moet egter uitwys dat sekuriteit op hierdie toepassings die verantwoordelikheid van die gebruiker is, of daar ’n wet bestaan, al dan nie.
Die wetsontwerp op kubermisdaad en dié op databeskerming is albei deur die kabinet goedgekeur en na die kabinetskomitee belas met wetgewing gestuur, voor dit in die parlement ter tafel gelê sal word,” sê die minister.
Mnr. Andrew Fordred van Cynetio Cyber Security Solutions sê van die oorspronklike kaping: “Al wat ons weet, is dat hulle volgens die nuutste inligting net ’n gedeelte van Facebook se databasis gekaap het en nie alles nie. Tensy hulle addisionele datastortings beplan, wat ons betwyfel,” sê hy.
“Ons grootste kommer is bedrieërs wat ’n simkaartomruiling sal doen, omdat die meeste mense dieselfde selfoonnommers wat op Facebook is vir hul banktransaksies op die internet gebruik.
In die geval waar hulle die volle naam, geboortedatum en selfoonnommer bekom, kan bedrieërs moontlik slagoffers naboots, byvoorbeeld identiteitsdiefstal, veral met ander aanlyn rekeninge,” sê Fordred.
Hy bevestig dat bankrekeninge ook kwesbaar kan wees.
Fordred stel voor Namibiërs wie se inligting deel van die datastorting was, moet hul Facebook-rekening heeltemal verwyder.
“Begin ’n nuwe rekening met ’n nuwe selfoonnommer, as julle erg gekompromitteer is. Dit help nie om net jou besonderhede op Facebook te verander nie aangesien misdadigers reeds die inligting het. Dit sou ook aanbeveel word om die selfoonnommer vir bankrekeninge te verander, as die twee gekoppel is. Jy kan ook op haveibeenzucked.com opsoek of jou inligting gekaap is,” sê hy.
Fordred stem saam kubermisdaad raak meer algemeen, met bewyse van simkaartomruiling, Facebook- en ewallet-swendelary, selfs vanuit die tronk, sê hy.
Individue word meestal deur plaaslike skurke geteiken, omdat dit moeilik is om geld uit die land te kry.
Onderneminge word ook vanaf ander SADC-lande geteiken, sê hy. “Kubermisdaad is transnasionaal,” sê hy.
Die beste oplossing is opvoeding en volgens Fordred moet kuberkennis al op skool aangeleer word.
“Mense moet begin bewus raak dat die internet ’n werklike ding is. Hoewel dit ’n virtuele wêreld is, is dit ’n spieëlbeeld van ons werklike wêreld, en in daardie wêreld moet ons nie met ons vensters en deure oop slaap nie,” waarsku hy.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!