Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
“Hage ontken steeds sistematiese korrupsie”:



Geagte president, kan jy vir ons vertel hoe ver is die proses om jou "konsultasiefooie" van Areva te ondersoek? Of bedoel jy met "proses" die onderdrukking van ondersoeke by die instansies wat deur Swapo oorgeneem is? – Eben de Klerk



“Vyf kurkdroë damme nie meer leeg”:



Ons was nou vir 2 weke in Namibië en het lekker reën in die Noorde en Windhoek gekry. Soooo bly vir die reën. – Maryke Kleynhans



Ja, Noorde het al lekker reën gehad, maar in die Suide is dit nog baie, baie droog. – Hendrien Nel



Dankie Hemelse Vader. – Randall Debruin



“Kabinet: Visbedryf beplan regrukpogings”:



Vis is 'n natuurlike hulpbron waarvan die TOTALE inkomste tot voordeel van elke Namibiër aangewend moet word. Viskwotas aan individue behoort nooit toegeken te gewees het nie. Bestaande kwotas aan individue moet onmiddellik gekanselleer word n.a.v. die skandaal wat nou oopgevlek is. Die regering behoort met vismaatskappye wie kan bewys dat hulle die nodige infrastruktuur (bote en fabrieke) het te onderhandel vir kwotas en pryse en omdat die korrupte middelmanne dan uitgeskakel word, kan die maatskappye 'n beter inkomste hê wat hulle dan in staat sal stel om beter salarisse aan die vissermanne en fabriekswerkers te betaal en die regering sal beter kontrole hê oor belastinginkomste op elke ton vis wat gevang word. – Henk Mudge



Ek hoop die mense wat in hart en siel vissermanne was, word nou gevat. Retired fishermen. Van hulle moes gaan werk om pot aan die kook te hou in die huise, van 14 jaar oue seuns tot groot bulle, maar het gesorg vir hulle huise. Gee hulle daai eer om goed oud te word. Sodat hulle tenminste 'n goeie mediese fonds kan bekostig. Retired fishermen, remember that name Min of Fisheries. – Carol Carolus



Wie ondersoek vir wie, boetie vir boetie? We want to see results. Ek dink dié gemors het by Nujoma begin, 28 jaar gelede, mense is net bang? – Ismarelda Hangue-Magagula



Ek is dankbaar oor sodanige ondersoek, maar dit is “algemene kennis” dat viskwotas in die verlede aan individue toegeken is wat nog nooit eers naby die see was nie. Hierdie kwotas is dan ten duurste aan die vismaat­skappye verkoop. – Johan Beyers



Wat sal 'n interne ondersoek help? Dit moet 'n eksterne ondersoek wees. – Nadia van Schalkwyk



“ECN: Dís hoe dit is vir nou”:



Dr. Itula se hofaansoek, waarin die RP die 2de applikant is, word vandag (Woensdag) by die hof ingedien. Ons vra dat die pas afgelope verkiesings nietig verklaar moet word en dat 'n nuwe verkiesing gehou moet word a.g.v. grootskaalse manipulering van die stemme. Mister Mujoro het 'n week voor hy in die hof die korrupte ECN se leuens sal moet verduidelik. Hopelik sal dit sy en adv. Tjipeuja se laaste verskyning namens die ECN wees. – Henk Mudge



“Gruwel in kraamsaal”:



This is so sad . . . On the 2nd of November my grandson died at the hands of this incompetent people which they call doctors. And they also want to put the blame on my daughter in law. Please let's stand together in unity and speak up! Let justice prevail. – Shirley Mostert



I stand in solidarity with this mother! What a nightmare. Poor baby who had to enter and exit life so cruelly. Justice for her. – Christi Warner



Dit is verskriklik! Here, hou daardie mamma in die palm van U hand. – Michelle Aggenbach



Skokkend! Weereens 'n regering wat sy land se mense “fail” met 'n ­basiese ding soos goeie mediese sorg! – Tanja Weimann Praetorius



Dis baie gruwelik en onmenslik, en ek weet baie gevalle het gebeur en is onder die mat gebêre, want nie almal ken regte kanale om te volg nie en los maar alles net so en bly met sielkundige merke op die harte. – Bernadette Gaeses



The only ones here to blame is ourselves. We elected the same government that failed us. It's a pity nothing will be done to fix problems at any state enterprise. – Juan Visser



There should be a #HospitalRot march! Enough is enough! – Adolf Lori Pamo Shikongo

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!