Facebook
Facebook

Facebook

Dani Booysen
Volg regstreekse video-uitsendings van vandag en môre se skolerugby- en hokkiefinale op ons Facebook-blad – en lewer kommentaar soos die aksie ontvou.



Wow wow wow! Daai's ouma se groot seun! En dit op ouma se verjaarsdag!! Jy is 'n doring ou seun! Oupa en ouma is sooooo trots op jou... – Connie Liebenberg Gibbons



“Spoedvrate kan lisensies verloor”



Uiteindelik 'n stap in die regte rigting, maar, soos gesê, "talk is cheap". – Johan Beyers



Wie gaan die spoedvrate vang? Mens sien nooit 'n spoedvraatvanger êrens nie... – Marika Kotze



Nog 'n stap in die regte rigting!!! Slegs as dit uitgevoer word. – Mina Moo Oelofse



Dalk kan hulle die mense wat 30 km/uur in 'n 120 km zone ry ook aftrek en al die motors wat nie padwaardig is nie. – Mike Ester Whiley



Ry jy 80 op Western word daar vir jou ligte geflits. Blykbaar dink hulle net die linkerbaan is 80, die regterbaan kan hulle maar steeds laat waai!!!! Beide bane is 80 of is daar dubbele reëls waarvan ons nie weet nie? – Morne van Aarde



Wat van die drink en drive mense se lisensies? Hulle moet nooit weer die voorreg hê om agter 'n wiel te sit nie. – Hermien Vermeulen



Los die spoed en kyk na diegene wat nie padreëls ken. – Mantos Titus



Hoog tyd!! – Liesl Louw



Nou kom julle reg. – Jaco Snyders



Ha ha ha. . . Grappie. Net nog 'n leë belofte? – Japie de Jager



Mooi sooo. Hou so aan Namibië. Ons is trots op julle. – Mari Jonk



Dit kan werk. – Van Zyl Kiewiet Meyer



Yebo yes, dis hoog tyd. – Roland Hill



Ek stem. Spoed is nie 'n faktor nie, maar hoe jy bestuur. – Anneline Germishuys-Hanekom



Beste nuus ooit. – Dinarte Lourens



“Geingob sê Moody's is verkeerd”:



En toe dink ek uit die bloute. . . Deur wie word die graderingsagentskappe aanspreeklik gehou? En wie se belange dien hulle? Kan dit wees dat ons regering met iets so belangrik regtig desperaat eerlik is, want ontkenning sal steeds nie die gradering verander nie. – Donnie Kotzé



“Vermeende toeristerower glo

ou kalant”:



Kamma vertroue in ons regsisteem. Die gereg is vir die misdadigers en teen die victims. Al die stories wat ons nou al gehoor het van roof en moord etc etc het doodgeloop, want hulle kry borg. Wys my 'n saak wat hulle deurgedruk het sonder om uit te stel. Ek wag al 3 jaar vir polisie om op te daag na ons geroof was at gun point. – Kathryn du Toit



Ten sterkste veroordeel het deesdae nie krag. Mense verstaan nie praat praat nie, daar moet opgetree word teen die mense. Ons moet ons land se mense en toeriste asook die ekonomiese gevolge wat die beskermde misdadigers bedreig regtig heroorweeg en 27 jaar praat ons en dit raak net erger. Maak ander planne of roof 'n fatcat en gaan dan lewenslank tronk toe. – Richard Petersen



Hy sal tronk toe gaan eers sodra hy 'n staatsaanklaer roof of so iets. – Zuburg Josephs



“Staatshulp aan private skole

dalk gestaak”:



Moenie geld aan privaat skole staak nie. Pak die bul by horings - korrupsie. Het jul gedink dit gaan vir altyd aanhou? Alles kom tot 'n end. Nou kan nie 1 die ander blameer nie, maar wel vir oubaas Calle gebruik om vure dood te slaan. Laat die geld terugkom uit die buiteland. Ai toggie, laat ons kinders lekka skool gaan. Korrupsie het sy tol geëis. – Gavin Noble

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!