Ewe tuis agter klavier en op tennisbaan
Ewe tuis agter klavier en op tennisbaan

Ewe tuis agter klavier en op tennisbaan

Tanja Bause
Tanja Bause



Samuel Nel (11) sal einde September die enigste ­Namibiër wees wat in Suid-Afrika se Samro Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie in Kaapstad gaan deelneem.

Reeds op driejarige ouderdom het Samuel geweet hy wil graag klavier leer speel.

Volgens sy ma, Lynel, het sy hom 'n paar jaar later vir klavierlesse gevat.

“Hy het my al baie lank so aanhoudend daaroor gepla, tot ek hom soontoe gevat het, maar die mense wou hom nie klasse gee nie omdat Samuel volgens hulle nie musikaal was nie. Op agtjarige ouderdom het hy wel met klasse begin,” het sy gesê.

Samuel is in Kaapstad gebore en het daar met klavierlesse begin. Sy pa is 'n Namibiër en die familie het terug Namibië toe getrek waar hy met lesse by Ebbie Bekker voortgegaan het.

“Met die hoktyd weens Covid-19 het ek met Skype-klasse by Shane Goodall in Kaapstad begin en is nou nog by hom. Ek is baie lief vir tannie Ebbie en verlang vir haar.”

Vir die Samro Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie moes hy 'n oudisie inhandig, waaruit net 50 musikante gekies is.

“Dis musikante wat enige instrument bespeel. Hulle is van oral in Suid-Afrika gekies – en dan Samuel. Hy is vanjaar die enigste van Namibië, maar daar het al in vorige jare Namibiërs aan die kompetisie deelgeneem,” het Lynel gesê.

Samuel is ook gekies om in Oktober in Pretoria by die Atterbury Nasionale ­Klavierkompetisie deel te neem.

Hy sê: “Ek sien baie uit na die kompetisie. Jy moet 'n klomp stukke kan speel. Daar is vier rondes en in elke ronde moet jy twee stukke speel.”

Drie maande gelede het Samuel in sy eerste kompetisie die eerste plek behaal en by die Stellenbosch Eisteddfod het hy twee cum laude en een goud-plus gekry.



SPORT

Samuel is ook 'n uitblinker op die tennisbaan. Hy was in 2020 die Namibiese Junior Meesters onder 10-kampioen. Drie weke gelede het hy tydens die Sanlam junior toernooi in Windhoek as die onder 12-wenner na vore getree.

“Ek speel ook gholf, maar dit doen ek meer vir die plesier. Ek kan nie kies waarvan ek die meeste hou nie, want ek is mal oor al drie my tyd­verdrywe.”– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!