Evangelis pleit bloed oor Namibiu00eb
Evangelis pleit bloed oor Namibiu00eb

Evangelis pleit bloed oor Namibië

Denver Kisting
Denver Kisting



Dit is weens die juk van sonde dat Namibië stoei met dwelms, passiemoorde, alkoholmisbruik en selfs uitdagings in die onderwyssektor beleef.

So sê die Ghanese evangelis Dag Heward-­Mills. “Al hierdie goed het hulle wortels in sonde,” meen hy.

Trouens, sê Heward-Mills, Adam en Eva het 'n lieflike tyd in die tuin van Eden gehad – tot hulle gesondig het.

Dié geloofsgeneser en mediese dokter het gister met groot fanfare by Staatshuis vir pres. Hage Geingob en die land gebid.

Volgens hom is die enigste antwoord op al dié ellende Jesus. “Die antwoord vir sonde is die bloed van Jesus Christus.”

Hy sê hy is verheug om te verneem Namibië is in die hande van 'n ­godvresende leier.

Heward-Mills sê hulle probeer al lank om tot Namibië se redding te kom, maar het tot dusver burokratiese probleme beleef.

Dit is eers nadat 'n Ghanese afvaardiging vroeër vanjaar by Geingob besoek afgelê het dat die weg gebaan is vir Heward-Mills se evangeliebesoek.

Geingob, die hoof van protokol, amb. Leonard Ipumbu, en ander Staatshuispersoneel is toe in gebed gelei waartydens hulle hul sondes voor God moes bely.

Die staatshoof het gesê hy was verras om te hoor die Ghanese geestelike herders het gesukkel om Namibië te betree.

Heward-Mills het Sondagoggend in Windhoek aangekom nadat hulle 'n week in die noorde van die land deurgebring het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!