Eurowings vlieg binnekort ook na Windhoek
Eurowings vlieg binnekort ook na Windhoek

Eurowings vlieg binnekort ook na Windhoek

Jo-Mare Duddy Booysen
Nóg ‘n lugredery, Eurowings, het aangekondig dit gaan eersdaags vlugte tussen Windhoek en Europa behartig.

Eurowings is ‘n maatskappy in die Lufthansa-groep en sal van 13 Julie af twee keer ’n week tussen die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en die Keulen-Bonn-lughawe in Duitsland vlieg. Airbus A330-vliegtuie sal op dié roete ingespan word en ‘n vlug sal tien-en-‘n-half uur duur. Die vliegtuig het sitplek vir 310 passasiers.

Regstreekse vlugte sal op Maandae en Donderdae plaasvind.

Volgens ‘n verklaring deur Lufthansa sal die nuwe roete bydra om die groep se visie te verwesenlik om vir ontspannings- en sakereisigers groter toegang tot onvergeetlike ondervindings en markgeleenthede te bied.

“Die tyd is reg vir ons om hierdie roete in te stel in die lig van die groeiende sake- en toerismeaanvraag vir roetes na Suider-Afrika. Die Lufthansa-groep besef die belangrikheid daarvan om meer van Suider-Afrika met die wêreld, en die wêreld met Afrika, te verbind en het reeds 178 weeklikse vlugte na 36 bestemmings in 27 lande,” het André Schulz, Lufthansa se hoofbestuurder vir Suider-Afrika, gesê.

“Met Namibië, wat ‘n belangrike mark vir ons is, beplan ons om te groei deur reisigers na Namibië makliker en vinniger toegang te gee tot Duitsland, Europa en al 255 bestemmings in 101 lande wêreldwyd wat deur die Lufthansa-groep se lugrederye bedien word.“

Eurowings is ‘n laekosteredery wat spesialiseer in bekostigbare regstreekse vlugte binne Europa en van die Keulen-Bonn-lughawe na aantreklike langafstandbestemmings. Die lugredery bedien tans 140 bestemmings in meer as 40 lande wêreldwyd. Vlugte met Eurowings kan aanlyn by www.eurowings.com of via die Eurowings-toep bespreek word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!