Europa steier onder snerpende weer

Meer as 60 mense dood

05 March 2018 | Internasionaal
Die swaar sneeuval en hewige storms in Europa het meegebring dat vlugte gekanselleer is, pad- en spoorvervoer ontwrig is en skole gesluit moes word.

Dié stormweer het ook die lewe van meer as 60 mense geëis.

Weervoorspellers verwys na dié weertoestande as “the beast from the east”. Dit het die koudste temperature in jare in sommige gebiede veroorsaak.

“Ná die ekstreme weerstoestand wat ons ervaar het, kan toestande oor die volgende paar dae effens verbeter,” het die Britse weerkantoor die naweek gesê.

Volgens ‘n opname deur AFP is 23 mense in Pole dood, sewe in Slovakië, ses in Tjeggië en vyf in Lituanië.

Sterftes is ook in Spanje, Italië, Romenië, Serwië, Slovenië, Brittanje, Nederland, Swede en Noorweë aangemeld.

Ten minste nege mense is in Frankryk dood, onder wie vier skiërs wat deur ‘n sneeustorting in die Alpe getref is.

Verder is ‘n 41-jarige Libiër dood in ‘n leë treinwa in die weste van Frankryk gevind en die polisie vermoed dat hy verkluim.

In Oostenryk is vyf immigrante wat kaalvoet langs ‘n hoofweg naby Graz gevind is, deur die owerhede gered. Hulle is daarheen gesmokkel en toe sonder heenkome agtergelaat.

In Switserland het die temperatuur tot -40°C gedaal weens dié hewige sneestorms wat selfs die normaalweg sonnige strande van die Mediterreense gebied met ‘n laag sneeu bedek het.

Genève se besige lughawe is Vrydagmiddag in weerwil van die gure weer vir lugverkeer oopgestel. Lughawe-owerhede het egter gemaan vertagings en kansellasies kan steeds voorkom.

Die lughawe by Dublin in Ierland was ook oor die naweek gesluit en Schiphol-lughawe in Amsterdam moes ook talle vlugte vertraag of kanselleer weens yskoue winde.

In Darlington, Engeland, is die babadogter van Andrew Waring en sy vrou, Daniella, langs die toegesneeude snelweg gebore, met nooddienswerkers wat haar die naam #A66snowbaby gegee het.

Intussen is talle skole in Europa steeds gesluit en mense is aangeraai om binneshuis te bly en dit net buite te waag indien dit nie anders kan nie.

Meer as 80 treine en 15 vlugte is in Romenië gekanselleer, het die Roemeense polisie gesê. Die hawens was ook gesluit.

In Frankryk was sowat 2000 motoriste vir tot 24 uur op 'n snelweg naby Montpellier weens die sneeu vasgekeer.

Daar was dele in die ooste van Engeland waar die sneeu 10 cm dik gelê het en temperature is in sommige landelike gebiede so laag as -10 °C.

Sneeu het ook dele in Westminster, Londen, bedek.

’n Buitengewone sneeustorm het Rome in Italië verlede Maandag getref. Dit het daartoe gelei dat die Italiaanse owerhede die weermag moes ontbied om te help om die sneeu uit die strate te kry.

Napels het ook die meeste sneeu sedert 1956 beleef. Die strande in Napels was toe onder die sneeu. – Nampa/AFP/Reuters

Soortgelyk

 

Behati en Adam wys foto van nuwe baba

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Elvira HattinghDie Namibiese model Behati Prinsloo en haar man, Adam Levine, het gister vir die eerste keer 'n foto van hul jongste babadogtertjie, wat in...

Resessie verslap sy greep op Namibië

13 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyHoewel die Namibiese ekonomie sedert die tweede kwartaal van 2016 geen of negatiewe groei toon, het die resessie se houvas op die land verminder....

Ek­samens: 'Skole het genoeg tyd'

13 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Staatskole is deeglik bewus van die datums waarop streekeksamens afgelê word. Dié datums behoort ook op elke skool se kalender van aktiwiteite...

Weer, Woensdag 19 Junie 2018

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik koud oor die binne­land. Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar baie warm...

Reeksverkragter sal vir 60 jaar moet boet

13 ure gelede | Howe

Denver KistingJan Rooinasie, wat onlangs emosieloos na sy skuldigbevinding op 16 klagte geluister het, het vandeesweek gehoor hy verdien om uit die samelewing verwyder te...

Duitse vrou vas oor wapens, ammunisie, bigamie en bedrog...

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Duitse vrou is steeds in aanhouding ná sy Vrydag in die landdroshof op Okahandja in verband met klagte van die besit...

Aranos-moord: Breinondersoek gevra

13 ure gelede | Howe

Fred Goeieman - 'n Kliniese sielkundige wat Willem Visagie Barnard, wat sy vrou vermoor het, geëvalueer het, het bevind hy het 'n mate van organiese...

April-reën bring uitkoms vir sommige

13 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die 2017-’18-reënseisoen het op ‘n hoë noot afgesluit toe die meeste Noorde-streke en gebiede rondom Windhoek, plaas Monica in die Omahekestreek, Gibeon...

Ouma Sofia is 105!

13 ure gelede | Mense

ont face="Verdana" >Henriette Lamprecht - Sy was al die jare “heeltemal gesond”, maar het skielik blind geword en mettertyd agteruitgegaan. So vertel me. Maria Claassen...