Eugene Cernan oorlede
Amerika
Die laaste ruimtevaarder wat op die maan geloop het, is dood.
Eugene Cernan het Maandag gesterf na wat sy familie as “langdurige swak gesondheid” beskryf.
Hy het op 11 Desember 1972 op die maan geloop en een van nét tien Amerikaners wat dié ondervinding kon smaak.
Hy en die ander Apollo 17-ruimtevaarder Harrison Schmitt het die maan vir drie dae verken voordat hulle na die aarde teruggekeer het.
“Ons vertrek soos ons gekom het, en met God se genade, sal ons terugkom in vrede en met hoop vir die mensdom,” het Cernan gesê toe hy op die maan in die ruimtetuig geklim het.
Hy word oorleef deur sy vrou, Jan Nanna Cernan, sy dogter, twee stiefdogters en nege kleinkinders. Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie