EU-wette knou mynboubedryf

10 November 2005 | Die Mark
\nDIE voorgestelde wetlike en beleids-raamwerk van die Europese Unie (EU), bekend as die Registrasie, Evaluering en Magtiging van Che-mikalië (Reach), kan ernstige gevolge vir die mynboubedryf in Namibië hê. Dit raak ook ander ontwikkelende lande wat erts- en mineraalkonsentrate na die EU vir verdere prosessering uitvoer.
\nVeral fluorspar- en mangaan-uitvoere kan ernstig hierdeur benadeel word.
\nTen einde die uitwerking van Reach op die plaaslike mynbou-bedryf vas te stel, het die Parle-mentêre Portefeuljekomitee be-las met Ekonomie, Natuurlike Hulpbronne en Openbare Adminis-trasie vandeesweek getuienis van die hoofbestuurder van die Kamer van Mynwese in Namibië, mnr. Veston Malango, aangehoor.
\nHy het verduidelik dat Reach daarop gemik is om mense se gesondheid en die omgewing teen gevaarlike chemikalië te beskerm. Alle anorganiese materiaal, wat die meerderheid minerale insluit wat in Namibië geproduseer word, word geteiken. Die koste vir die sertifisering van minerale en chemi-kalië vir uitvoer na die EU sal deur die uitvoerders gedra moet word en dit kan etlike miljoene euro\'s per mineraal beloop.
\nOntwikkelende lande besuide die Sahara het \'n forum gevorm om voorspraak te maak vir mi-neraaluitvoere na Europa en ambassadeurs van dié lande, waaronder Namibië se ambas-sadeur in Brussels, prof. Peter Katjavivi, is nou gemoeid met die onderhandelinge.
\nMnr. Malango het beklemtoon dat mynbou die ruggraat van die nasionale ekonomie is en 10,4 persent tot die bruto binne-landse produk (BBP) bydra en verantwoordelik is vir 45 persent van uitvoerverdienstes.
\nDiamante, wat die grootste dryfkrag in die mynbouekonomie is, word hoofsaaklik deur die Diamanthandelmaatskappy van De Beers na die EU uitgevoer. Die goeie nuus is dat dié bedryf nie deur Reach-wetgewing geraak sal word nie, omdat diamante geen gevaarlike stowwe bevat nie en uit koolstof bestaan wat \'n organiese bestanddeel is en gevolglik vrygestel is van Reach se bepalinge, sê mnr. Malango.
\nGoud van die Navachab-myn word na die Rand-raffinadery in Suid-Afrika gestuur en word gevolglik ook nie deur Reach ge-raak nie.
\nUraanoksied wat van die Rössing-uraanmyn en van 2007 van die Langer Heinrich-myn uitgevoer sal word, is \'n bron van kommer. Die moedermaatskappy van Rösssing, Rio Tinto, is egter ook bewus van die beperkinge wat Reach-wetgewing op die bedryf kan plaas en is self besig om met die EU te onderhandel.
\nMnr. Malango het die hoop uit-gespreek dat radioaktiewe stowwe uitgesluit kan word van Reach-bepalinge, omdat dit reeds deur ander Europese wetgewing gedek word.
\nEen van die Reach-klousules bepaal ook dat toestemming verleen kan word vir die invoer van stowwe indien die sosio-eko-nomiese voordele meer is as die gevaar wat dit vir menselewens en die omgewing inhou. Hy sê met oliebronne wat verminder, word opnuut na kernkrag as \'n alternatiewe energiebron gekyk. Moderne kerntegnologie is aan-sienlik veiliger as wat dit in die verlede was, wat positief vir die uraanbedryf is.
\nAl die koper wat by Ongopolo ontgin word, word na China uitge-voer en gevolglik word dit nie deur Europese wetgewing geraak nie.
\nSink van die Skorpion-sinkmyn is bestem vir uitvoermarkte in die EU, China en Amerika. Omdat sink \'n suiwer metaal is en nie enige spoorelemente bevat wat skadelik vir die mens of die omgewing is nie, meen mnr. Malango dat dit nie deur Reach geraak sal word nie.
\nDie lood- en sinkkonsentraat van Rosh Pinah, wat na die Kumba-raffinadery in Suid-Afrika gestuur word, sal onderhewig wees aan die vereistes van Reach wanneer dit na die EU uitgevoer word. Fluorspar van die Okorusu-myn sal eweneens onderhewig aan die prosedures wees, want Duitsland en Italië is die hoof-invoerders daarvan. Solvay, die moedermaatskappy van die Fluorspar-myn, meen die chemikaliese bedryf in Europa sal alles moontlik doen om \'n stokkie voor die aanvaarding van Reach in sy huidige vorm te steek, omdat dit die Europese chemikaliese bedryf onmededingend sal maak.
\nSout wat by Swakopmund en Walvisbaai geproduseer word, word hoofsaaklik na Suid-Afrika uitgevoer. Geen sout word nou na Europa uitgevoer nie. Dimensie-stene soos marmer en graniet, sowel as semi-edelgesteentes sal nie deur Reach geraak word nie.
\nDie Otjosondu-mangaanmyn na-by Okahandja, wat nie in produksie is nie, sal indien dit soos beplan met uitvoere na Pole begin, wel deur Reach geraak word. Mnr. Malango sê die enigste manier om potensiële skade aan die bedryf te voorkom, is om \'n mangaansmeltaanleg in Namibië te vestig.\n

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...