Etosha se juweel in die Weste

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Dolomite Camp is een van die agt inskrywings vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2018.

Dolomite Camp is in die skilderagtige gebied in die westelike deel van Etosha geleë wat voorheen vir toeriste beperk was.

Dit is ryk in biodiversiteit weens die afwesigheid van hoofstroom toerisme.

Die oord het sy naam by die dolomietformasies in die gebied gekry het en spog met 'n asemrowende vista.

Met nie minder as 15 watergate nie, is wildbesigtiging rondom die oord 'n belewenis en dit voorsien uitstekende fotografiegeleenthede.

Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering van Eco Awards Namibia, het Dolomite Camp goed gevaar - veral op die gebiede van gidse en bewaring.

Met dié evaluering het Dolomite Camp gekwalifiseer om vir die 2018 RTA-kompetisie in te skryf wat deur NMH aangebied word.



Die ander inskrywings is NWR Popa Falls Resort, Wilderness Safaris – Desert Rhino Camp, Ongava Game Lodge, Little Ongava, Ongava Tented Camp, Etendeka Mountain Camp en Wolwedans Boulders Camp.

Finaliste vir die toekennings sal op 26 Februarie aangekondig word en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!