Etosha-heining herontwerp

Moet goedkoper wees

13 December 2018 | Omgewing
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan die huidige ontwerp van die Etosha Nasionale Park se heining hersien om die boukoste daarvan te verminder.

Volgens 'n mediaverklaring van die ministerie is die ontwerp van die roofdier- en olifantbestande heining waaraan die afgelope 10 jaar gewerk is, se boukoste te hoog.

"Die ministerie het dus besluit om die huidige ontwerp se heiningspesifikasies te verwerp. Slegs 120 km van die totale heining van 840 km is voltooi. Dus moet nóg 720 km voltooi word," het mnr. Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gesê.

"Die ministerie het besluit om 'n alternatiewe, goedkoper ontwerp te vind sonder om die gehalte en effektiwiteit van die heining aan bande te lê. Ons het verskeie heinings op private plase en wildreservate in Namibië en Suid-Afrika waargeneem waar grootwild soos renosters, olifante, leeus, buffels en hiënas is om 'n geskikte ontwerp te vind."

Muyunda sê ná deeglike oorweging het die ministerie besluit om 'n ontwerp te ontwikkel wat spesifikasies van al die plekke insluit en dat 'n eenvoudiger heining sowat N$240 000 per km of minder kan kos – boumateriaal en arbeid ingesluit.

"Soos met enige ander projek sal konsulstante ('n projekspan) aangestel word om die nuwe ontwerp, die koste en dokumentasie te ontwikkel en toesig te hou," sê Muyunda.

Hy sê die beraamde bedrag moet nog bevestig word sodra 'n lewensvatbaarheidstudie op die nuwe heining uitgevoer word.

"Etosha is Namibië se vlagskippark en dus is dit in ons belang dat die heining voltooi word om natuurbewaring in die park te bevorder. Die heining sal help om wildstropery en mens-dier-konflik-gevalle te verminder, wat die hoogte ingeskiet het weens die heining se swak toestand."

Muyunda sê enige bewerings dat individuele personeellede van die ministerie op korrupte wyse voordeel uit die bou van die heining getrek het, word verwerp en veroordeel.

"Ongegronde aannames weerhou ons daarvan om aandag aan ware kwessies te gee," sê die woordvoerder.

Soortgelyk

 

Staat vra hof om minister skuldig te bevind

21st of May 14:47 | Howe

Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze het vroeër vandag vir regter Christie Liebenberg gevra om vir me. Katrina Hanse-Himarwa skuldig te bevind aan korrupsie.Dít kom nadat die staat...

Brian Finch privaat gegroet

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die musieklegende Brian Finch, wat vroeër vandeesweek sy stryd teen kanker verloor het, gaan tydens ’n private seremonie ter ruste gelê word. Volgens ’n plaaslike...

NSFAF beperk finansiering

3 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel. Die byna 3 000 gelukkiges word...

Eis van miljoene ná miskraam

14 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

14 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

14 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

14 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

14 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...