Etosha-brand onder beheer

'n Brand het sowat 2 254 500 hektaar in die Etosha Nasionale Park verswelg, maar sluit glo aan by die ministerie se brandplan.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Terwyl oproepe om hulp teen kleiner veldbrande in die Steinhausen- en Rundu-omgewings gister in sosiale media weerklink het, is die Etosha Nasionale Park se brand glo intussen onder beheer gebring.

Die brand in die ooste van die park is sedert gister onder beheer, het die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, in 'n nuusverklaring gesê.

Dit volg nadat dit oor tien dae tot gister in totaal sowat 2 545 km² (254 500 hektaar) verswelg het.

Muyunda het in 'n nuusverklaring 'n beroep op die publiek gedoen om kalm te bly en die versekering gebied dat die “situasie onder beheer is” en dat daar geen skade aan toerusting of infrastruktuur is nie, buiten dat enkele kragpale afgebrand het.

Ook, sê hy, was daar nie verliese aan wild nie.

Volgens Advanced Fire Information System (Afis) se satellietkaarte het kleiner vure gister ook in die omgewing van Tsumeb, Otavi en Tsumkwe gebrand, terwyl brande opmerklik wyd in die omgewing van Steinhausen en Otjombinde gestrek het.

Brande was veral algemeen in die Kavango-Oos- en -Wesstreek asook in die Zambezistreek, volgens satellietdata.



GEEN SKADE

Muyunda sê Etosha se brand het aanvanklik op 6 Oktober buite die park begin, maar dat die ministerie besluit het om nie in te tree toe dit op 10 Oktober die park binnegedring het nie.

“Die ministerie het egter op 15 Oktober besluit om die brand te bekamp en dit is eindelik, sonder enige verliese aan wild of skade, onder beheer gebring. Die kragpale wat in die slag gebly het, word tans deur Cenored vervang,” het Muyunda gesê.

Hy sê die ministerie het kennis geneem van die publiek se kommer, maar gee die versekering dat die vuur nie verwoestend was nie, al mag dit vanaf video's en foto's so lyk.

“Inteendeel, die brand sal die hergroei van gras aanmoedig, terwyl ons die reënseisoen nader,” het Muyunda gesê.

Hy sê daar is van 'n padskraper, waterlorrie asook vliegtuie gebruik gemaak om die vuur te monitor en te beheer en dat die ministerie ook voorbrande gemaak het om te keer dat die brande die Mukuti Lodge, personeel se wooneenhede, kommersiële plase, of Namutoni- en Halali-oorde asook dele van Okaukuejo bereik.

“Die brand het 'n mosaïekpatroon van verbrande en onverbrande plantegroei gelaat, wat inderdaad in lyn is met kriteria vir brandbestuur in die Etosha Nasionale Park.”



BRANDPLAN

Hy het verduidelik die ministerie het onlangs besluit om brande in die land se beskermde gebiede, soos die Etosha Nasionale Park asook parke in die Zambezi-, Kavango-Oos en -Wesstreek in te span om habitatte aktief in stand te hou en te herstel.

Volgens hom help so 'n brandplan om veldbrande te beheer, te sorg dat kleiner gebiede jaarliks afbrand en dat die brandseisoen tot vroeër in die droë seisoen verskuif kan word.

Muyunda sê die brandstrategieë is op wetenskaplike bewyse gegrond en dat dit voortdurend gemonitor word om seker te maak dat dit nie die biodiversiteit belemmer nie.

Hy sê die park is in sewe brand­sones opgedeel, volgens die eien­skappe van die grond en die plantegroei en dat elk van die sones deur 'n netwerk van paaie bereik kan word en ook oor brandpaaie beskik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!