Ethiopian Airlines land 11 September

Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako is slaggereed om buitelandse toeriste te ontvang, maar die nasionale lugredery kan hulle nie verder na enige afgeleë binnelandse bestemmings vlieg nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg

Met die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) wat gister op lentedag sy deure vir internasionale toeriste heropen het, het Ethiopian Airlines aangekondig sy eerste vlug sal op Vrydag 11 September weer op Namibiese bodem land.

Ethiopian Airlines se verkoopsbestuurder in Namibië, mnr. Jitendra Mandani, het Maandag bevestig kommersiële en vragvlugte sal op 11 September hervat.

Dit volg op die nuwe implementeringsprotokol van die herlewingsplan vir internasionale toerisme wat minister Pohamba Shifeta van die omgewing, bosbou en toerisme verlede week aangekondig het.

Die Lufthansa-groep se Brussels Airlines beplan om op 19 September op HKIA te land.

Daar is ook beweringe dat Qatar Airlines sy vlugte na Namibië middel September gaan hervat.

’n Toeroperateur bly egter skepties: “Ek wil eers lugrederye se bevestiging sien. Ons het al te dikwels hiervan gehoor en dan gebeur niks. Daar word te veel dinge gesê om die toerismebedryf tevrede te stel met niks wat eintlik gebeur nie.”

AIR NAMIBIA

Die nasionale lugredery Air Namibia het egter sy opskorting van alle binnelandse vlugte weens die inperkingsmaatreëls van die Khomasstreek verleng, “totdat plaaslike reis weer toegelaat word”.

Air Namibia sê in ’n mediaverklaring dit sal “ongelukkig op bystand wees totdat ’n aankondiging in dié verband gemaak word”.

Al land buitelandse toeriste op HKIA, kan hulle dus nie met Air Namibia verder na hul volgende ver en afgeleë bestemming vlieg nie, maar is genoop om per pad te reis.

“Hoewel die Khomasstreek steeds ingeperk is, kan toeriste met vooraf gereëlde reispermitte buite die grense van dié streek reis,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, aan Republikein beklemtoon.

Air Namibia het in ’n mediaverklaring ook die opskorting van alle internasionale en streeksvlugte tot verdere kennisgewing verleng.

“Sulke vlugte hang af van die markaanvraag en heropening van internasionale grense van lande waarheen Air Namibia vlieg,” sê Air Namibia se korporatiewe kommunikasiebeampte, mnr. Twaku Kayofa.

“As ’n aktiewe rolspeler in die toerismebedryf, sal Air Namibia voortgaan om aan die toerismeherlewingsinisiatief deel te neem. Ons bly egter ’n noodsaaklike diensverskaffer wat vragvlugte wêreldwyd aanbied.”

NAC-MAATREëLS

Intussen het die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) ook aangekondig dat HKIA slaggereed is om internasionale vlugte midde die noodtoestand en regulasies weens die Covid-19-pandemie te ontvang.

“Die NAC het nog nie enige lugrederye se vlugskedules vooraf ontvang nie, maar lugrederye het hul bereidheid uitgespreek om vlugte middel September te hervat,” lui ’n mediaverklaring van NAC.

“Ons moedig passasiers aan om met lugrederye vir hul reisskedules te konsulteer.”

Volgens NAC is sosiale afstandmaatreëls soos plakkers op die vloer en sitplekke, asook handsaniteerders gereed. Sigbare boodskappe oor die verpligte dra van maskers is aangebring.

Verpligte temperatuurmeting van passasiers by aankoms- en vertrekpunte en sosiale afstand van 1,5 meter word gehandhaaf en alle oppervlaktes en trollies is ontsmet. Toonbanke is met glaspanele en handsaniteerders toegerus.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!