Ethiopiu00eb onderteken verdrag, wyl Addis brand
Ethiopiu00eb onderteken verdrag, wyl Addis brand

Ethiopië onderteken verdrag, wyl Addis brand

Wat ’n tyd van feesviering moes wees vir dr. Abiy Ahmed, Ethiopië se premier, nadat hy ’n geskiedkundige vredesverdrag met Eritrea gesluit het, is bederf deur openbare geweld wat minstens 23 lewens geëis het. Dit is ’n reuseterugslag in sy pogings om etniese groepe in sy land met mekaar te versoen.

Die vredesverdrag wat Abiy en pres. Isaias Afwerki van Eritrea Sondag gesluit het, is die tweede ooreenkoms tussen die twee lande sedert Julie.

Die lande was tussen 1998 en 2000 in ’n oorlog met mekaar gewikkel.

Die ooreenkoms is in die hawestad Djedda in die teenwoordigheid van koning Salman bin Abdoel Aziz al Saoed van Saoedi-Arabië onderteken.

Presies wat dit behels en wat die koning se rol daarin was, was nie onmiddellik bekend nie. Daar is net gesê dit sal stabiliteit en sekuriteit in die streek versterk.

Dit kom terwyl die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, die naweek deur ’n vlaag van geweld getref is.

SPORADIESE AANVALLE

Dit is Saterdag op die spits gedryf ná dae van sporadiese aanvalle. Ondernemings is geplunder en die huise van etniese minderhede is aangeval.

Die geweld het uitgebreek ná ’n reusesaamtrek ter viering van die terugkeer van die leiers van die verbande Oromo-bevrydingsfront (OLF).

Die Oromos is die grootste etniese groep, en voer reeds dekades ’n stryd om self-beskikking.

Abiy is die eerste Oromo-leier in die land se onlangse geskiedenis, en probeer sedert hy in April vanjaar aan die bewind gekom het om die verskillende etniese groepe met mekaar te versoen.

Die leiers van OLF is dus ook in die land terugverwelkom.

Die polisie het, na verneem word, tussen 300 en 400 mense vir openbare geweld in hegtenis geneem.

Hulle meen hulle is totdat Abiy aan die bewind gekom het deur politici van ander kleiner etniese groepe in dié land onderdruk.

Honderde mense het Maandag voor die parlement saamgedrom en geëis dat geregtigheid ná die naweek se aanvalle geskied.

Hulle meen die regering het nie voldoende teen die skuldiges opgetree nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!