E.T. Meyer op 95 oorlede
E.T. Meyer op 95 oorlede

E.T. Meyer op 95 oorlede

Dogter bring hulde aan geliefde oudskoolhoof, skrywer, boer en politikus.
Francoise Steynberg
Alfreda Meyer



Die geliefde Oom E.T. (Roosevelt) Meyer is Dinsdag 21 Februarie op 95 in die Paramount-gesondheidsorgoord in Windhoek oorlede.

Ernst Theodore Meyer is op 3 Julie 1921 op Cuma, 'n afgeleë sendingstasie noord van die destydse Mombolo, in Angola, gebore.

Sy pa, Alfred, was 'n Switser wat 'n besondere rol gespeel het in die Dorslandtrek-boeregemeenskap en sy ma, Caty, was die dogter van die bekende ontdekkingsreisiger William Chapman. Haar ma was 'n nooi Opperman uit die Dorslandtrek.

Meyer se eerste sewe jaar het hy in Angola op 'n skilderagtige plaas teen die hange van die Nambaberg deurgebring.

In 1928 het die gesin na die ­destydse Suidwes-Afrika verhuis, waar hy in Mei 1929 onder 'n doringboom op 'n ongerepte plaas (daar was net 'n windpomp op) in die Gobabisdistrik begin skoolgaan het.

Daarna was hy jare lank in die ­verplaasbare tentskool nr. 6 in die Summerdowndistrik. Tot in standerd 6 (graad 8) was hy 'n leerling van 'n “regte” skool wat op die plaas Manina deur die ouergemeenskap gebou is.

In 1935 het Meyer 'n leerling van Windhoek Hoërskool (WHS) geword waar hy in 1938 gematrikuleer het.

Ná matriek het hy vir drie jaar gewerk om geld te spaar vir verdere studie en in 1942 is hy vir twee jaar na die Normaalkollege in Bloemfontein vir opleiding as laerskool­onderwyser.

Aan die begin van 1944 is hy by Nina, 'n klein driemanplaasskooltjie naby Dordabis, as onderwyser aangestel. Toe volg talle verplasings as aflos­onderwyser waartydens hy onder nege skoolhoofde gewerk het.

In Desember 1947 is Meyer op Ventersburg met sy studenteliefde, Lettie Nortjé, 'n Vrystaatse nooi, getroud.

Uit dié huwelik is twee dogters, Alfreda en Elize, gebore.

Aan die begin van 1948 aanvaar die jong egpaar onderwysposte op Swakopmund, waar Meyer matriekleerlinge onderrig en ook as koshuishoof diens doen.

In dié tyd verbeter hy sy kwalifikasies deur privaatstudie en verwerf hy 'n B.A.-graad, 'n hoëronderwys­diploma (H.O.D.) en 'n B.Ed.-graad.



JONGSTE SKOOLHOOF

In 1953, op 32-jarige ouderdom, word Meyer by die Sekondêre Skool Tsumeb as die jongste hoof van 'n ­hoërskool in die land aangestel.

In 1960 is die hele Meyer-gesin vir 'n jaar Duitsland toe waar Meyer deur middel van 'n uitruilskema die geleentheid gekry het om Engels te onder­rig.

Met hul terugkoms is hy bevorder tot skoolhoof van WHS waar hy tot aan die einde van 1964 aan die stuur van sake was.

In 1965 keer die Meyers terug na sy jeugwêreld in die Summerdown­distrik, waar hy gaan boer.

Hulle was dadelik hart en siel by die aktiwiteite van die boerderygemeen­skap betrokke en het 'n leidende rol daar gespeel.

In 1966 het Meyer die politiek betree, aanvanklik as lid van die Wetgewende Vergadering en later as voorsitter van die Wetgewende Vergadering en ook as lid van die Uitvoerende Komitee.

Ná 16 jaar in die politiek is hy ook aangestel as voorsitter van 'n onderwyskomitee wat ondersoek moes instel en aanbevelings moes doen ten opsigte van sekere onderwysaangeleenthede in Suidwes-Afrika.



UIT SY PEN

As storieverteller was Meyer legendaries.

Vanaf 1981 tot 1987 het vier boeke uit sy pen verskyn: Die vlieënde Ovambo, Waar's my tande?, Tussen kroko­dille en Kavangovroue, en Plek van die water­buffel - ons 16 jaar in Angola. Eersgenoemde drie bundels bevat humoristiese sketse uit sy lewe in die ou Suidwes en laasgenoemde beskryf die Meyers se 16 jaar lange verblyf in Angola.

Vir Meyer was die Angola-Afrikaner hom veral na aan die hart en hy het 'n bepalende kulturele rol in dié gemeenskap gespeel.

Hy was onder meer voorsitter van die reëlingskomitee van die eerste Dorslandtrekfees by Swartbooisdrif in 1969.

By talle feesgeleenthede het hy as spreker opgetree, onder meer by die onthulling van die monument by Rietfontein in Etosha.

Meyer sal onthou word as 'n mens van integriteit wat 'n verskil gemaak het aan lewens oor die lengte en breedte van die woestynland.

Hy was 'n “gentleman” by uitstek - te alle tye, in alle omstandighede. Sy mensliewendheid, besondere humorsin en passie vir die lewe was alombekend. Hy was geliefd en is deur oud en jonk gerespekteer.

Sy positiewe gesindheid was tot aan die einde merkbaar. Selfs in sy laaste dae het hy daarin volhard om altyd die spreekwoordelike silwer randjie in elke situasie te sien.

'n Oudskoolhoof van WHS, mnr. Bertus Gous, sê dié skool eer 'n baie besondere, geliefde oudskolier en skoolhoof wat in duisende se lewe en in Namibië 'n groot verskil gemaak het: “Oom E.T. was een van die skool se groot ikone.”

Meyer word oorleef deur sy vrou, Lettie (93), sy dogters, mee. Alfreda Meyer en Elize Ligthelm, skoonseun, mnr. Gys Ligthelm, twee kleindogters, me. Lize Ligthelm in Nieu-Seeland, en dr. Huibré Malan en haar man, Francois, in Ierland, en een agterkleinseun, Ernst Malan.

Meyer se roudiens vind Dinsdag om 09:30 in die NG Kerk Eros plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 371.34/OZ DOWN -0.0045 | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0168 | Zinc US$ 2 751.90/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 90.26/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 961.39/OZ DOWN -0.0111 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.61 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.51 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1138.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 371.34/OZ DOWN -0.0045 | Copper US$ 4.28/lb DOWN -0.0168 | Zinc US$ 2 751.90/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 90.26/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 961.39/OZ DOWN -0.0111