Eskom wil skuld na staat skuif
Eskom wil skuld na staat skuif

Eskom wil skuld na staat skuif

Eskom wil die meeste van sy skuld van R440 miljard aan die staat oordra, het amptenare van die kragmaatskappy in Londen aan effektebeleggers gesê.

Dit is volgens Ksenia Mishankina, ’n senior kredietontleder van Union Bancaire Privée wat die beleggersvergadering Woensdag bygewoon het.

Eskom-amptenare is tans op ’n besoek aan Londen om met beleggers in sy effekte te praat oor sy jongste resultate.

Eskom kan net R150 miljard van sy skuld hanteer, het hy aan die beleggers gesê.

Die oordra van Eskom se skuld na die staat is al voorheen as een van die opsies genoem om sy balansstaat te verbeter.

Eskom het verlede week ’n verlies van R20,7 miljard in die boekjaar tot einde Maart aangekondig.

Dit blyk Eskom wil die skuld na die staat oordra wat in elk geval deur staatswaarborge gedek word. Teen die einde van die boekjaar in Maart het Eskom al R295 miljard van die staatswaarborg gebruik, volgens inligting van die nasionale tesourie.

In reaksie op navrae oor die vergadering met beleggers in Londen, het Dikatso Mothae, ’n woordvoerder van Eskom, net gesê hulle hou gesprekke met beleggers om hulle in te lig oor die jongste verwikkelinge by Eskom.

Die opbrengs op Eskom se dollar-effekte wat in 2025 verstryk, het deur die dag met 10 basispunte gedaal.

Volgens Mishankina het die Eskom-amptenare gesê Eskom hoop daar is vordering met sy verdeling in drie dele ná die mediumtermynbegroting in Oktober en dat van sy probleme teen daardie tyd opgelos sal wees.

Eskom wil ook hê die regering moet help met die probleem van munisipale skuld aan Eskom.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het Dinsdag gewaarsku Eskom se bedryfs- en finansiële prestasie het so verswak dat dringende stappe nodig is om die onderneming om te keer.

Die syfer van R150 miljard wat genoem is wat Eskom kan hanteer, is gegrond op die beraming dat Eskom net skuld van vyf keer sy verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywing kan hanteer. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!