Eskom-verdeling kan belegging lok

Die buurland se nasionale kragopwekker is steeds ’n groot versperring vir belegging in Suid-Afrika.
Francois Williams – Die aankondiging oor die nuwe struktuur vir Eskom is meer positief as wat verwag is, meen Johann Els, hoofekonoom van Old Mutual Beleggings.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede verlede week aangekondig Eskom sal in drie afsonderlike sake-eenhede – kragopwekking, transmissie en verspreiding – verdeel word sodat elke eenheid sy koste doeltreffender kan bestuur en sodat hy makliker finansiering kan bekom.

Eskom is steeds ’n groot versperring vir belegging in die land, en ’n meer beleggingsvriendelike Eskom-struktuur kan nog beleggings in Suid-Afrika ontsluit, meen Els.

Maar hy waarsku ook dat die nuwe struktuur nie ’n omvattende oplossing is sonder privatisering en grootskaalse kostebeheermaatreëls nie.

“Ons het nie voor die verkiesing enige stappe om koste te sny verwag nie, gegewe die noodsaaklike vermindering van Eskom se personeel as deel van dié oefening en die intense teenkanting van die vakbonde.”

Ramaphosa se kommentaar oor dringende kosteverminderingsmaatreëls tesame met bekostigbare kragtariewe is bemoedigend want dit wys duidelike toewyding om koste op Eskom se balansstaat te sny.

Els sê tariefverhogings is belangrik om Eskom se inkomste te verhoog, maar daar moet ’n balans wees tussen Eskom se behoeftes en die impak op die ekonomie.

Els glo Ramaphosa se belofte oor meer besonderhede oor staatsteun vir Eskom in die begrotingsrede volgende week is ’n bykomende teken dat die regering daartoe verbind is om die ekonomie te beskerm. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!