Eskom soek advies oor reddingsboei
Bloomberg – Eskom het ’n tender uitgereik om finansiële adviseurs aan te stel wat hom moet help om die staat se reddingsboei reg te bestee.
Die tender is op 23 Augustus uitgestuur en het op 3 September gesluit, volgens inligting waartoe Bloomberg toegang gehad het.
Die tender is vir “finansiële dienste vir die inwerkingstelling van ’n staatsteunpakket”.
Die tenderdokument vra die tenderaar moet wys “hy kan holistiese oplossings verskaf om die lewensvatbaarheid van maatskappye onder finansiële druk te herstel vir transaksiewaardes van meer as $1 miljard”.
Eskom gaan oor die volgende drie jaar reddingsboeie van R128 miljard kry en die regering wil hom in drie dele verdeel. ’n Reeks opsies word oorweeg om sy skuldkoste te verlaag en sy prestasie te verbeter.
Volgens die tenderdokument moet ’n span binne ’n week van die toekenning van die kontrak kan begin werk. Bieërs moet wys hulle het relevante ervaring met adviesdienste in Suid-Afrika en internasionaal in skuldbestuur, skuldruilings en likiditeitsbestuur vir transaksies van meer as $1 miljard.
Pres. Cyril Ramaphosa gaan na verwagting later vandeesmaand ’n beleidskrif oor Eskom uitreik.
Die opbrengs op Eskom se dollar-effekte wat in Januarie 2021 verstryk, het Maandagmiddag tot 5,61% gedaal – die grootste daling sedert 2 Augustus. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie