Eskom sal Bosasa ‘soos piekniek laat lyk’
’n Energiekenner hou lank reeds vol dat korrupsie en bedrog by dié staatsonderneming reeds honderde miljarde rande gekos het.
Elvira Wood – As Eskom ’n forensiese verslag moet uitreik oor presies wat alles by dié kragverskaffer gebeur het, sal dit die Bosasa-sage soos ’n Sondagskool-piekniek laat lyk.
Dit is Ted Blom, energiekenner, se mening oor presies hoe verreikend die korrupsie en bedrog by die kragvoorsiener is.
Blom het Maandag weer sy argumente aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) voorgelê oor hoekom Eskom se aansoek om tariewe vir die volgende drie jaar elke jaar met 15% te verhoog, nie goedgekeur moet word nie.
Nersa hou Maandag en Dinsdag openbare sittings in Midrand, noord van Johannesburg, oor dié aansoek van Eskom.
Die Zondo-kommissie van ondersoek het in Januarie opspraakwekkende getuienis van Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van die dienstemaatskappy Bosasa, aangehoor oor hoe dié maatskappy en oudpres. Jacob Zuma, asook ander politici en amptenare, jare lank by korrupsie betrokke was.
Blom hou lank reeds vol dat korrupsie en bedrog by Eskom dié staatsonderneming honderde miljarde rande gekos het.
Blom was baie ernstig oor sy bewering van presies hoe omvangryk die korrupsie en bedrog by Eskom is, al het lede van die publiek wat die sitting bygewoon het, ongemaklik begin lag oor wat hy voorgestel het.
Blom sê as daar net gekyk word na wat die kosprys van steenkool regtig was, en wat Eskom bereid was om daarvoor te betaal, is dit duidelik dat daar nog baie geheime oor gebeure by die kragverskaffer is wat nog nie ontbloot is nie.
Calib Cassim, finansiële hoof van Eskom, het vroeër Maandag gesê Eskom het reeds bykans 1 000 klagte oor beweerde korrupsie en bedrog ondersoek. Hy het egter nie gesê wat die bevindinge was of watter stappe Eskom daarna gedoen het nie.
Eskom het self nog nie enige raaiskote gemaak oor presies wat die korrupsie en bedrog in sy midde hom gekos het nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie