Eskom-plan: u2018Ons moet dadelik iets begin doenu2019
Eskom-plan: u2018Ons moet dadelik iets begin doenu2019

Eskom-plan: ‘Ons moet dadelik iets begin doen’

Onduidelikheid in die energiebeleid is juis wat gelei het tot die energiekrisis waarin Suid-Afrika hom bevind, sê ’n DA-woordvoerder.
Sarel van der Walt – Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se spesiale besprekingsdokument oor Eskom se toekoms is ’n “breë raamwerk en ’n soort padkaart wat vir ons aandui waar ons nou (met Eskom) is en waarheen ons in die toekoms moet beweeg”.

Só sê die energiekenner Chris Yelland.

“Daar moet dadelik iets begin doen word.

“Ons kan nie nog wag vir die fynere besonderhede nie.

“Ons weet nou breedweg waar ons is en waarheen ons beweeg. Ons moet die reis nou begin (om Eskom reg te ruk).

“Die probleme, uitdagings en fyner besonderhede moet gepak word soos dit later op dié reis opduik,” sê hy.

“Ons kan nie langer wag nie. Ons kan nie eers wag tot Eskom heeltemal gefaal het nie.

“Baie dinge, soos die omgewing kan nog verander, daar kan kwessies wees soos ons aanbeweeg op dié roete, maar dit maak nie saak nie.

“As ons nie nou met dié ‘reis’ begin nie, sal ons nooit êrens kom nie,” sê Yelland.

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, sê die DA is teleurgesteld dat daar nie meer fynere besonderhede en die beraamde koste in Gordhan se plan is nie.

Sy sê in ’n verklaring hoewel Gordhan gesê het daar sal teen 31 Maart 2020 ’n afsonderlike kragverspreidingseenheid wees, het hy niks gesê oor die rol wat die onafhanklike kragprodusente (IPP’s) sal speel nie.

“Dié onduidelikheid in die energiebeleid is juis wat gelei het tot die energiekrisis waarin Suid-Afrika hom bevind.”

Sy sê die DA se voorstel is dat Eskom eerder in twee as drie dele opgedeel word: ’n opwekkings- en ’n verspreidingseenheid.

’n Geprivatiseerde kragprodusent sal Eskom se monopolie op kragverskaffing beëindig.

Mazzone sê Gordhan het met sy voorlegging deurentyd gesê die enigste manier om Eskom reg te ruk, is om saam te werk, maar sy eie geskiedenis van samewerking is teleurstellend.

“Die tyd is ryp dat minister Gordhan sy partydigheid opsysit en uitreik na ander (soos die DA) om te help.”

Geen onmiddellik invloed op krisis

Wouter Wessels, die VF Plus se woordvoerder oor finansies, sê Gordhan se omkeerplan sal geen onmiddellike invloed op die huidige krisis hê nie.

“Die uitstaande skuld aan Eskom sal nie oornag betaal kan word nie omdat munisipaliteite bankrot is.

“Daar is geen ander oplossing as om Eskom te privatiseer en te dereguleer nie, om sodoende toe te sien dat markkragte kan meewerk tot gesonde mededinging en kragverskaffing.”

Die National Union of Mine Workers (NUM het vroeër gewaarsku die ontbondeling van Eskom sal beteken dat drie nuwe rade, drie nuwe uitvoerende hoofde en drie finansiële hoofde aangestel moet word.

“Is dit kostebesnoeiing of bloot ’n verdere uitbreiding van die werkmag op die hoogste vlak ten koste van gewone werkers?”

AfriForum sê in ’n verklaring die onderverdeling van Eskom is ’n stap in die regte rigting, maar dat dié entiteite wat krag kan opwek, vergroot behoort te word sodat rolspelers uit die private sektor ook kan deelneem.

Gordhan sê die koste van krag het oor die laaste tien jaar met meer as 500% gestyg.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê die ekonomie kan nie aanhou om hierdie verhoogde koste te betaal nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!