Eskom moet eers sy skuld by dorpe invorder, sê Tito
Bloomberg – Eskom se prioriteit is om die geld in te vorder wat munisipaliteite hom skuld, as ’n eerste stap om finansieel volhoubaarder te word.
Só sê Tito Mboweni, minister van finansies.
Munisipaliteite skuld Eskom al meer as R17 miljard. Mboweni, wat volgens bronne wat anoniem wou bly glo wel nog vir minstens ’n jaar as minister van finansies sal aanbly in pres. Cyril Ramaphosa se nuwe regering, het in Februarie se begroting aangekondig dat Eskom oor die volgende drie jaar met R69 miljard se staatsgeld gehelp gaan word.
Mboweni het in ’n onderhoud in Kaapstad gesê dit is malligheid dat die regering belastingbetalersgeld aan munisipaliteite gee in die vorm van toekennings, maar dan vir Eskom moet help omdat daardie munisipaliteite nie vir Eskom vir hul elektrisiteit betaal nie.
“Dit is heel eenvoudig. Die agterstallige skuld moet ingevorder word.”
Mboweni sê hy weet nie enigiets van ’n sogenaamde spesiale entiteit wat die nasionale tesourie wil skep wat ’n groot deel van Eskom se skuld sal oorneem soos wat Business Day Maandag berig het sonder om bronne aan te haal nie.
Volgens Mboweni het hy nie enige inligting daaroor ontvang nie. “Die probleem by Eskom is eerstens by sy bedrywighede, nie by sy finansies nie.”
Eskom verkoop nie genoeg elektrisiteit om sy bedryfskoste en rentebetalings te dek nie. Intussen het Ramaphosa in die staatsrede aangekondig Eskom gaan in drie dele verdeel word in ’n poging om sy bedryfsprobleme op te los.
Eskom se skuld het egter intussen tot byna R500 miljard opgeloop, volgens data wat Bloomberg ingesamel het uit openbare rekords wat effekte en uitgereikte lenings insluit. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie