Eskom: Kragnetwerk onder druk, noodstelsels ontplooi
Eskom: Kragnetwerk onder druk, noodstelsels ontplooi

Eskom: Kragnetwerk onder druk, noodstelsels ontplooi

William Horne – Eskom sê die nasionale kragnetwerk is Dinsdag onder druk, maar hy het sy noodstelsel in werking gestel om die risiko van beurtkrag te verminder.

Sy taktiese opwekkingsbevelsentrum is Dinsdagoggend geaktiveer weens die tekort aan opwekkingsvermoë om aan Dinsdag se vraag te voldoen.

Dié bevelsentrum bestuur die risiko’s op die stelsel.

Dikatso Mothae, adjunkwoordvoerder van Eskom, het aan Netwerk24 gesê Eskom se vinnige optrede beteken dit is nie nodig om ’n waarskuwing oor moontlike beurtkrag te rig nie.

Eskom waarsku gewoonlik vooruit dat beurtkrag ’n moontlikheid op ’n spesifieke dag is om sodoende die vraag na krag te help verlaag.

Kans op beurtkrag skraal

Eskom sê Medupi se eenheid twee en Kusile se eenheid drie lewer Dinsdag albei krag aan die nasionale netwerk as voorsorgmaatreël, hoewel hulle nog nie amptelik kommersieel in gebruik geneem is nie.

Medupi se eenheid twee is reeds op 12 November 2018 suksesvol getoets met sy volle opwekkingsvermoë van 796 MW.

Eenheid drie by Medupi is amptelik op 28 Junie aan die kragnetwerk gekoppel. Dit beteken vier van Medupi se ses eenhede is dus nou kommersieel aktief (en verskaf saam 7% van Suid-Afrika se krag), maar eenheid twee en eenheid een is nog nie amptelik in werking nie.

Eskom sê wel sy veiligheidsmarge is Dinsdag nog groot genoeg. Sy dieselopwekkers in die Kaap en Mosselbaai is nog nie ingespan om kragopwekking aan te vul nie. Dié opwekkers het die vermoë om tot 3 000 MW te lewer.

Fase 1-beurtkrag (die maksimum vlak beurtkrag wat Eskom en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê het dié winter ervaar kan word) vereis dat 1 000 MW se vraag uit die stelsel gehaal moet word.

Eskom het ook Dinsdag bevestig dat steenkoolkragsentrales wat van lyn af was, Dinsdag weer krag sal begin lewer. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!