Eskom: Groepseis oor beurtkrag kan nie slaag

‘Howe kan traag wees’

09 April 2019 | Sakenuus
Francois Williams – Die finansiële implikasies van ’n landswye kragonderbreking oorskry verreweg die ekonomiese koste van beurtkrag.

Só regverdig Eskom die gebruik van beurtkrag in antwoord op navrae oor ’n moontlike groepseis teen hom weens sakeondernemings se skade weens kragonderbrekings.

Eskom se ooreenkomste met munisipaliteite of individuele kragverbruikers waarborg nie ononderbroke kraglewering nie. Mense kan dus sukkel om te slaag met eise teen Eskom weens skade wat uit beurtkrag spruit.

Eskom het gereageer op navrae oor die prokureursfirma De Beer Attorneys wat ’n groepseis teen die staatskragmaatskappy wil instel oor die verliese wat sakeondernemings gely het weens die afgelope kwartaal se kragonderbrekings.

Volgens Eskom gee sy elektrisiteitsverskaffingsooreenkomste hom die reg om die verskaffing van elektrisiteit te onderbreek deur beurtkrag, asook beplande én onbeplande kragonderbrekings.

“Beurtkrag word landwyd toegepas as ’n beheerde maatreël wanneer die nasionale netwerk onder druk is om die kragstelsel teen totale ineenstorting te beskerm.”

Eskom verduidelik die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) reik lisensies aan Eskom en munisipaliteite uit ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering. Kragtens die lisensies moet die gelisensieerdes voldoen aan die relevante vereistes van die Suid-Afrikaanse Netwerkkode.

Kragtens die lisensie en die Netwerkkode is die stelseloperateur verantwoordelik vir die veiligheid van die nasionale kragstelsel. As die operateur nie hierdie plig nakom nie, kan die nasionale kragstelsel ineenstort en ’n landwye kragonderbreking veroorsaak.

’n Landswye kragonderbreking word gedefinieer as ’n onbeheerde voorval op die kragstelsel wat dae of weke kan duur om te herstel.

Eskom sê sy lisensievoorwaardes by Nersa maak voorsiening vir beurtkrag en spesifiseer hoe beurtkrag toegepas moet word wanneer dit nodig raak.

Dit het volgens Eskom ernstige gevolge vir die land en kan ’n domino-effek hê op infrastruktuur. “Waterstelsels het elektriese pompe nodig, rioolstelsels het water nodig, vervoerstelsels en noodkragopwekkers het brandstof nodig wat met elektrisiteit gepomp word, hospitale, telekommunikasiestelsels, datasentra, lugverkeerbeheerstelsels het elektrisiteit of diesel as rugsteun nodig.”

Dié infrastruktuurstelsels kan in die algemeen kragonderbrekings van tyd tot tyd hanteer, maar hulle is van mekaar afhanklik en kwesbaar vir ’n landwye volskaalse kragonderbreking, waarsku Eskom.

As die krag wat op enige gegewe tydstip opgewek word nie genoeg is vir die vraag op daardie tydstip nie, moet die stelseloperateur die las verminder deur noodmaatreëls om ’n landwye kragonderbreking te verhoed.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het onlangs beloof Eskom sal nie oor die komende winter vir meer as 26 dae beurtkrag toepas nie, en dan nooit meer as fase 1-beurtkrag (wanneer 1 000 MW se krag gesny moet word) nie.

Kan ’n eis teen Eskom ooit slaag?

Pierre Burger, prokureur van die regsfirma Werksmans, het vroeër aan BusinessTech verduidelik die sukses van ’n eis teen Eskom hang af van die gronde van die eis. As op kontrakreg gesteun word (waar ’n gebruiker ’n kontrak met Eskom het), is Eskom soos hierbo gesien, gedek deur sy lisensievoorwaardes wat beurtkrag toelaat.

As op deliktereg gesteun word (waar ’n gebruiker nie ’n kontrak het nie, maar wil eis weens skade wat hy weens Eskom se nalatigheid en onregmatige optrede gely het), sal gewigtige kwessies oor openbare beleid ter sprake kom, sê Burger.

Individuele gebruikers kan aanvoer Eskom was nalatig weens ’n afwyking van beurtkragskedules of weens ’n vermybare kragstuwing wat hul masjinerie of produkte beskadig het.

Maar Burger waarsku die howe kan op grond van beleidsoorwegings traag wees om Eskom vir skade verantwoordelik te hou, want dit kan tot ’n toeloop van eise lei. Eskom, wat reeds met skuld van meer as R420 miljard sit, sal in elk geval van êrens af die geld moet kry om al die eise te betaal.

Al manier om die koste te verhaal is om kragpryse te verhoog en nog ’n reddingsboei van die staat te kry – dus uiteindelik van belastingbetalers en kraggebruikers. Die ekonomies aktiewe deel van die bevolking sal uiteindelik dus die eise betaal. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Maak jou stem dik

2 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.By talle registrasiepunte het dinge stadig uit...

Katrina gee bes

2 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.Kort nadat die...

Kolonel en kie stroop glo wild

2 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is...

Weer vir 10 Julie 2019

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde. In die binneland sal dit winderig wees met sandstorms oor die Namib.KUS: Sonnig en baie...

Net 26,7% water in damme oor ...

2 ure gelede |

Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede...

UPM wil Baster-grondeis instel

2 ure gelede | Politiek

Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering...

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

2 ure gelede | Tegnologie

Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge...

Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding

2 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030...

Honderde bakkies vir verkiesing

2 ure gelede | Politiek

Honderde Windhoekers wat bakkies besit, het verlede week na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor gestroom om hul voertuie vir die aanvullende registrasie van...