Eskom: G'n ooreenkoms vir kernkrag al geteken
Eskom het Maandag ontken dat enige kernkragooreenkoms onderteken is.
Die maatskappy het gereageer op mediaberigte wat beweer dat 'n kernkragooreenkoms reeds onderteken is.
“Eskom verwag om 'n formele versoek vir voorstelle (RFP) aan die ope mark uit te reik wanneer die versoeke vir inligting (RFI) geassesseer is en die relevante goedkeurings gekry is,” sê Dave Nicholls, Eskom se hoofbeampte oor kernkrag, in 'n verklaring.
Eskom se versoeke vir inligting (RFI), waarop meer as 40 maatskappye gereageer het, sluit op 28 April.
Volgens Eskom het hy dus nog nie enige amptelike voorstelle van potensiële verskaffers ontvang nie en is geen ooreenkomste vir kragsentrales onderteken nie.
Daar is bespiegel dat Suid-Afrika en Rusland reeds 'n ooreenkoms onderteken het, maar die regering ontken dit.
Die bou van die nuwe kernkragsentrales, wat na raming R1 000 miljard gaan kos, was ook glo die rede vir die onlangse kabinetskommeling. Pravin Gordhan, afgedankte minister van finansies, en sy afgedankte adjunkminister, Mcebisi Jonas, se teenkanting was glo een van die redes wat hulle hul poste gekos het.
Daar word ook nou weer gemaan dat Suid-Afrika nie 'n multimiljardrand-kernboukontrak kan bekostig nie, veral nie met sy rommelstatus nie.
Malusi Gigaba, wat Gordhan as minister van finansies vervang het, het op sy eerste mediakonferensie in sy nuwe pos gesê die program “sal teen 'n pas en met die omvang wat die land kan bekostig, ingestel word”. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie