Eskom bestee reeds R559 m. aan diesel
Eskom bestee reeds R559 m. aan diesel

Eskom bestee reeds R559 m. aan diesel

Daar is drie oopsiklusgasturbines – twee naby Atlantis in die Wes-Kaap en een naby Mosselbaai.
Petrus Malherbe - Eskom het sedert die jongste vlaag beurtkrag vroeg in Desember begin het reeds R559 miljoen aan diesel vir sy oopsiklusgasturbines bestee.

Volgens Dikatso Mothae, woordvoerder, gebruik elke eenheid van sy oopsiklusgasturbines sowat R500 000 se diesel per uur.

Eskom het drie oopsiklusgasturbines – twee naby Atlantis in die Wes-Kaap en een naby Mosselbaai.

Sy opwekker by Ankerlig naby Atlantis is die grootste met ’n totale opwekkingsvermoë van 1 327 MW. Dit bestaan uit nege eenhede wat volgens Eskom se aanduidings elk 148 MW opwek.

Gourikwa naby Mosselbaai bestaan uit vyf eenhede wat elk 148 MW opwek vir ’n totale opwekkingsvermoë van 740 MW.

Acacia, die kleinste, bestaan uit drie 57 MW-eenhede vir ’n totale opwekkingsvermoë van 171 MW.

Met ’n gebrek aan opwekkingskapasiteit by sy ander kragstasies, steun Eskom swaar op sy oopsiklusgasturbines en pompopgaarskemas om die ligte aan te hou of om die omvang van beurtkrag te verminder.

Eskom, wat reeds onder ’n berg skuld gebuk gaan, se geldkraantjie vir bykomende diesel is egter onder druk. In Vrydag se gebruiklike verklaring oor die stand van die kragnetwerk het Eskom die eerste keer aangedui hy probeer “so min diesel as moontlik” gebruik om sy uitgawes te beperk. Daarom gaan hy vir eers net sy dieselkragopwekkers in geval van nood inspan as rugsteunkrag vir ander eenhede.

Die uitsluitlike doel van Acacia is juis om rugsteunkrag aan Koeberg, Afrika se enigste kernkragstasie, te bied. Dit word net in uitsonderlike gevalle gebruik om ook elektrisiteit aan die nasionale kragnetwerk te bied.

Die verskaffing van die nodige diesel vir die kragopwekkers blyk ook ’n logistieke nagmerrie te wees. ’n Tekort aan diesel het in die verlede graag die skuld gekry oor waarom beurtkrag nodig was.

Volgens Mothoa is daar tans nie ’n tekort aan diesel by enige van Eskom se persele nie en die situasie word fyn dopgehou.

Hoewel Eskom so min as moontlik op sy dieselkragopwekkers wil steun in ’n poging om sy uitgawes te verlaag blyk dit hy sal vir die afsienbare toekoms nie daarsonder kan klaarkom nie.

Eskom publiseer weekliks ’n vooruitskatting op sy webwerf van die stand van kragopwekking oor die volgende paar weke. Volgens sy jongste vooruitsig gaan dit vanaf die eerste week in Februarie bra broekskeur gaan om aan die vraag vir elektrisiteit te voldoen.

In daardie week beplan Eskom om 5 625 MW se opwekkingsvermoë weens beplande instandhoudingswerk in te boet. Tesame met 9 500 MW se verlore kapasiteit weens foute gaan Eskom meer as 15 100 MW kwyt wees.

Teen einde Maart staan dié syfer op meer as 16 300 MW en teen die begin van April klim dit tot meer as 16 500 MW. Gegewe dat fabrieke, myne, smelterye en sakeondernemings teen daardie tyd weer volstoom aan die gang is, stuur dit op ’n situasie af waartydens fase 6-beurtkrag waarskynlik onafwendbaar gaan wees.

Eskom moes die eerste keer ooit fase 6-beurtkrag op 9 Desember instel toe hy 17 000 MW se opwekkingsvermoë verloor het. Tydens fase 6-beurtkrag moet die kragreus 6 000 MW se krag sny om te keer dat die kragnetwerk in duie stort. Dit beteken beurtkrag kan in sommige gebiede tot vier keer per dag vir twee en ’n half uur op ’n slag ingestel word.

Eskom se skuld beloop reeds meer as R450 miljard. Die staatsonderneming het onlangs aansoek gedoen vir ’n hersiening van kragtariewe, ’n stap wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) teenstaan. Die saak word vandeesweek in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Dié spesifieke hofsaak – een van vyf wat kom – gaan oor die R69 miljard se reddingsboeie wat die regering verlede Februarie vir Eskom gegee het. Nersa het dié bedrag van Eskom se toegelate inkomste afgetrek en dus, volgens Eskom, die reddingsboeie ongedaan gemaak.

Sou Eskom se aansoek vandeesweek slaag, sal kragtariewe in April en weer in April 2021 met sowat 16% styg, slegs van die 8,1% en 5,22% wat Nersa reeds goedgekeur het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%