Eskom al u2018sedert 2001 gekaapu2019
Eskom al u2018sedert 2001 gekaapu2019

Eskom al ‘sedert 2001 gekaap’

Energiekonsultant kritiseer Nersa dat hy bloot ’n waarnemer is pleks van ’n reguleerder.
Francois Williams

Eskom is al sedert 2001 gekaap, meen Ted Blom, energiekonsultant by Mining & Energy Advisors.

Blom het by die openbare sitting oor Eskom se jongste tariefaansoek gesê dit lyk asof die Medupi- steenkoolkragstasie uiteindelik R300 miljard kan kos teenoor die aanvanklike R32 miljard.

Die Ingula-pompopgaarskema sou eers R9 miljard gekos het, maar kos nou al R40 miljard.

Blom sê hy is verbaas dat Eskom steeds dieselfde soort sakeplan het as voorheen.

Blom sê hy kan nie glo dat Eskom steeds steenkoolpryse geheim wil hou nie, want hy kan na enige van die myne in Mpumalanga gaan om uit te vind wat hulle vir hul steenkool kry.

Volgens Blom is die eenvoudige rede waarom Eskom nie geld in die finansiële markte kan leen nie is omdat hulle vertroue in Eskom verloor het.

Hy sê daar was sedert 2003 ’n investeringsdroogte by Eskom, maar in dieselfde tydperk het tariewe van sowat 16c per kWh tot die huidige R1,09 per kWh gestyg.

OMDRAAIPLAN

Benewens die omdraaiplan van die nuwe Eskom-direksie is daar ’n taakspan van agt aangewys om sy sakestruktuur te ondersoek. Maar Blom sê twee van die taakspan het al bedank en hy verwag verdere bedankings.

Volgens hom is daar wel al een saak op die hofrol om Eskom-korrupsie te vervolg. Dit spruit uit ’n ondersoek van die regering se spesiale ondersoekeenheid wat die Brakfontein-steenkoolmyn betref.

Blom het ook Nersa gekritiseer dat hy bloot ’n waarnemer is pleks van ’n reguleerder.

Volgens hom het Nersa die gesag om ’n onafhanklike ondersoek na Eskom te laat doen. Hy vra of dit eties is om kragtariewe te verhoog as Eskom al self toegegee het dat tot 134 000 werksgeleenthede verlore gaan vir elke 1%-verhoging in kragtariewe.

Sy lys van vermiste miljarde by Eskom sluit in meer as R100 miljard se oorbesteding elk by Medupi en Kusile.

FORENSIESE ONDERSOEK

Die kragmaatskappy Mundra in Indië het onlangs ses kragopwekkingseenhede vir altesaam R35 miljard gebou. Maar eenheid 6 by Eskom se Medupi kos reeds alleen sowat R40 miljard, volgens Blom. Die aanvanklike kwotasie vir die hele Medupi was R33 miljard.

Blom verwys na die langtermynkoste van R250 per ton vir Eskom se jaarlikse steenkoolverbruik van 120 miljoen ton, wat sowat R30 miljard kos. Maar Eskom bestee jaarliks R73,3 miljard aan steenkool. “Waar is die verlore R40 miljard?”

Blom meen Eskom is steeds gekaap want kontant gaan verlore, instandhoudingskoste styg, en die duur dieselkragstasies word weer toenemend gebruik.

Meer as 500 000 werksgeleenthede in die ekonomie is al sedert 2007 verlore weens Eskom se probleme, meen Blom.

Volgens hom moet Eskom se tariefaansoeke geskrap word totdat ’n volledige forensiese ondersoek gedoen word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!