Esau en skoonseun bly in tjoekie
Volgens 'n Windhoekse landdros sal 'n beskuldigde nie onnodig in aanhouding gehou word indien die staat geen sterk saak het nie.
Jemima Beukes – Landdros Duard Kesslau het gister in die Windhoek-landdroshof gesê die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi, het die hof met meer vrae as antwoorde gelaat.
Dít kom nadat hulle hul nie tydens hul formele aansoek om borgtog aan kruisondervraging laat onderwerp het nie. Kesslau het die mans se aansoek om borgtog van die hand gewys.
Die tweetal is deur mnr. Richard Metcalfe verteenwoordig met bystand deur mnr. Florian Beukes.
Kesslau het Metcalfe se betoog verwerp dat beweerde oortreders van witboordjiemisdaad altyd op borgtog vrygelaat moet word. Volgens hom is dit juis hoekom die publiek vertroue in die regstelsel verloor het.
“Dit is absoluut nie 'n boodskap wat dié hof wil uitdra nie. Derhalwe bevind ek daar is geldige gronde om borgtog te weier.” Maar, het Kesslau gesê, die hof sal nie 'n onskuldige mens in aanhouding hou sonder dat die staat 'n sterk saak het nie.
Ernstige klagte
Volgens die landdros staar 'n reeks ernstige klagte, waarby openbare fondse soos nog nooit vantevore in 'n strafsaak in Namibië betrokke was nie, die mans in die gesig. Kesslau het bygevoeg die beskuldigdes het na bewering almal 'n rol vertolk in die omkoopskema – wat na bewering met Esau begin het sonder wie dit nie moontlik sou wees nie.
Die landdros het gesê Esau het na bewering sy rol as oudminister vir dié doel ingespan. Volgens Kesslau het Esau en sy skoonseun se weiering om aan kruisondervraging onderwerp te word, talle vrae onbeantwoord gelaat.
Die landdros het gesê ofskoon beëdigde verklarings tydens dringende aansoeke gebruik word om tyd te bespaar, het die tweetal genoeg tyd gehad om vrae tydens kruisondervraging te beantwoord sodat die hof meer insae kon kry. Hy meen die mans het vrae om te beantwoord veral rondom onduidelike oordragte van geld.
Die hof is nie oortuig hulle sal nie óf op die vlug slaan óf met die ondersoek inmeng nie.
Hulle word van die grootskaalse plundering van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar beskuldig.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie