Ervare Impey trap jonges pap vir padtitel

11 February 2019 | Sport
Marnus Kok - Daryl Impey het die bykans onmoontlike vermag deur sy titel in die padren van die Suid-Afrikaanse padfietskampioenskap gister in Pretoria suksesvol te verdedig.

Die 34-jarige Impey het die roete oor 162 km in 3 uur, 54 minute 30 sekondes voltooi. Ryan Gibbons was tweede, 25 sekondes ná Impey, gevolg deur Stefan de Bod in 3:55:01.

Met twee rondtes oor, was Impey so te sê uit die ren, met twee jongelinge, Nicholas Dlamini (23) en Jayde Julius (25), wat ’n voorsprong van omtrent 45 sekondes bo die verdedigende kampioen en ’n groep van omtrent nog vyf ryers opgebou het.

Maar soos wat Pretorianers jou sal vertel, is Tom Jenkins-rylaan nie ’n man se speelmaat nie. En die laaste twee rondtes het ryers dié strawwe bult laat klim.

Julius het vroeg in die eerste rondte teen Tom Jenkins in die stof gebyt, met Dlamini wat steeds ’n stewige voorsprong gehad het. Maar toe, die tweede keer wat die ryers die pas op is, gaan staan Impey regop op sy pedale en haal Dlamini in.

Die verdedigende kampioen, wat ook Vrydag die tydtoetstitel gewen het, sou nooit oor die laaste deel ingehaal word nie.

Wat Impey, wat vir die Australiese span Mitchelton–Scott ry, se vertoning soveel meer merkwaardig maak, is dat hy geen spanmaats in die ren gehad het nie. Maar dié boorling van Johannesburg sê hy is ervare in sulke situasies.

“Ek het baie ervaring aan my kant en was vorige jare soveel keer in sulke situasies. Ek moes ’n hele paar groot gapings ingehaal het, maar het dit op die regte tye gedoen. Maar ja, dit was ’n moeilike ren,” sê Impey.

Dimension-Data se ryers, wat Dlamini, Jacques Janse van Rensburg en Reinardt Janse van Rensburg insluit, het Impey aanvanklik goed dopgehou en hom min beweegruimte gegun.

“Hulle het my onder druk gesit, maar gelukkig was daardie laaste gedeelte so moeilik en het ek die bene gehad. Ek is regtig trots op my poging vandag.”

• Ashleigh Moolman-Pasio het gister die eerste keer sedert 2015 die padwedren by die SA padfietskampioenskap gewen en in die proses gewys dat ervaring nie te versmaai is nie.

Die 33-jarige Moolman-Pasio het die roete oor 136 km in Pretoria in 4 uur, 1 minuut en 40 sekondes gewen. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Houtskoolbedryf sien enorme groei

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh op Otjiwarongo - Die Namibiese houtskoolbedryf het 'n "ontploffing in houtskoolproduksie" die afgelope jaar ervaar en 'n groei van 33% in een jaar...

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

1 dag gelede | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

1 dag gelede | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

1 dag gelede | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...