Erken skuld, betaal boete
Henriette Lamprecht – Skulderkenningsboetes vir die oortreding van Covid-19-regulasies kan nou betaal word om ’n uitgerekte hofproses en toeloop na polisiekantore te verhoed.
Dit volg nadat die prokureur-generaal ’n omvattende regsopinie uitgereik het oor die erkenning van skuld in gevalle waar Covid-regulasies oortree word.
Volgens die hoof van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, was die doel van die regsopinie om die aspek van ’n verenigde boetelys vir die hele land aan te roer.
Volgens die strafproseswet het die landdros van ’n distrik die mandaat om ’n skulderkenningsboete te bepaal, met dien verstande dat dit nie die bedrag van N$6 000 oorskry nie. Die betrokke boetelys is van toepassing in alle landdrosdistrikte.
Volgens Ndeitunga kan kennisgewings steeds uitgereik word om in die hof te verskyn, maar kan die persoon ook sy of haar skuld erken en ’n boete betaal sonder om in die hof te verskyn.
Volgens hom sal dit help om oorbevolking by aanhoudingselle en ’n toeloop na polisiekantore te verhoed, terwyl dit ook die druk op die oorlaaide hofstelsel sal verminder, omdat dit mense toelaat om die uitgebreide hofproses van ’n strafregtelike verhoor vir geringe oortredings van die Covid-regulasies vry te spring. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie